kapteineDasse slaggereed vir Interskole

Hoërskool Langenhoven se sportspanne het op Dinsdag, 2 Augustus 2016, 'n uitstekende sportdag teen Hoërskool Bredasdorp beleef.

Al drie eerstespanne het gewen! Die eerste netbalspan het van die begin af die oorhand gehad en het met 30-26 gewen. Die eerste hokkie- en rugbyspanne het 'n middelmatige eerste helfte omgekeer en uiteindelik uitstekende oorwinnings behaal. Die eerste hokkiespan se rustydtelling was 0-0. Na rustyd het hulle egter die krane oopgedraai en met 5-1 gewen. Die eerste rugbyspan was rustyd met 10-0 agter, maar na puik spel in die tweede helfte het die Dasse met 17-10 geseëvier. Benewens die eerstespanne, het die meeste Das-spanne ook hulle wedstryde teen die Bredasdorpers gewen!

Die Dasse se Interskole vind Saterdag, 20 Augustus 2016 op Hoërskool Langenhoven se terrein plaas.

Op die foto verskyn die eerstespan kapteine. Links verskyn: Magdel van Zyl (netbal), Munro Strauss (rugby) en Marsé Calitz (hokkie).