•  DSC0539
  • Langenhoven
  • skool
  • Neelsie slideshow
  • Massafoto
  • Dasse Doen DingeFeathers - Copy
  • Skoolterrein
  •  DSC0127
  • Interskole
  • Ingang van skool
  • skool
  • Neelsie
  • Die Skool waar elkeen iemand is.
  • Dasse doen Dinge
  • Skoolterrein
  • Koshuis

eerstespan het 'n mooi vertoning gelewer en seëvier met 1-0 en die tweedespan moes met 0-2 die knie buig. Die O/16B's speel 2-2 gelykop en die O/16A's 1-1 gelykop. Die O/14A's speel 'n baie goeie wedstryd en speel 0-0 gelykop.

Die rugby het 'n uitstekende dag gehad en wen twee van die drie wedstryde met een wat gelykop eindig. Die Dasse se eerstes seëvier met 23-11, die tweedespan met 17-10 en die O/15's het 8-8 gelykop gespeel.

Die Dasse oorheers die dag as gevolg van die puntestelsel wat gebruik word om die Interskole-wenner te bepaal. Daarvolgens dra elke span wat wen tot die puntetotaal by. Boonop, Langenhoven het ook die rugby-, hokkie- en netbaltrofeë ingepalm. Die Dasse het nie net op die dag gewen nie, maar ook met die voorprogram se aktiwiteite wat Bybelvasvra, skaak en redenaars ingesluit het.

Die Dasse het egter gesorg dat die trofee vir die vyfde jaar in 'n ry veilig in die Das-trofeekas bly staan!

Interskole 2016

Op die foto verskyn voor, van links: Juanita Engel (dirigent), Allister Miggels (speler van die wedstryd; eerste rugbyspan), Marsé Calitz (kaptein van die eerste hokkiespan) en Munro Strauss (kaptein van die eerste rugbyspan). Agter, van links: mnr. Piet de Villiers (skoolhoof), Réze Fox, Nia Taljaard, Talitha Reynders en Stephren Saayman (dirigente), Daniel van Schalkwyk (hoofseun), Magdel van Zyl (hoofdogter) en Sidwill Oosthuizen (dirigent).