•  DSC0539
  • Langenhoven
  • skool
  • finaliste

  • Foto4

  • Neelsie slideshow
  • Opedag 2016
  • Massafoto
  • Dasse Doen DingeFeathers - Copy
  • Skoolterrein
  • Wetenskap
  • Foto2
  • Tweelingdag

  •  DSC0016

  • Foto1

  •  DSC0127
  • Skopboks
  • Gholfspan
  • rugby

  • hokkie

  • Interskole 2016
  • Ingang van skool
  • skool
  • Finaliste - Mnr. & Mej. Langenhoven en Mej. Junior
  • Mej. Junior
  • Neelsie
  • Opedag 2016
  • Die Skool waar elkeen iemand is.
  • Dasse doen Dinge
  • Skoolterrein
  • Wetenskap
  • Junior Bal 2015
  • Tweelingdag
  • Tweelingdag
  • Valentynsdans
  • Koshuis
  • Skopboks SWD
  • Gholfspan
  • 2016 Eerste Rugbyspan
  • 2016 Eerste Hokkiespan

Hulle het op 23 September uit George gevlieg na Johannesburg waar hulle vandaar met Qatar lugredery via Doha na Brussels gereis het. In Brussels het elkeen 'n herontmoeting met hulle uitruil eweknie gehad en met ope arms deur hul gasheergesinne ontvang om by hulle aan huis te gaan bly.

Die gesinne was uiters gasvry en het uit hulle pad gegaan om die kinders welkom te laat voel en om alles van die Belgiese kultuur te leer.

Die dorp Waregem, waar die skool geleë is het ook 'n wonderlike toeriste-ligging, so 80km vanaf Brussels, 250km oos van Parys en 240km suidwes van Amsterdam. Die hoogtepunt vir al die toerlede was sekerlik Parys met die Eiffeltoring, Arc de Triomphe, Notre Dame, Sacre Coeur, Montmatre, Louvre, ens.  Hulle het 'n begeleide fietstoer in die noordooste van Parys gedoen.

Op pad na Amsterdam het hulle die UNESCO wêrelderfenisterrein Kinderdijk met die klassieke ou Nederlandse windmeule naby Rotterdam besoek. 'n Baie bedrywige fietstoer in Amsterdam se strate is ook 'n ervaring op sy eie. 'n Besoek aan Anne Frank se huis, die Van Gogh- en Rijksmueums en 'n bootrit op die Amstelrivier was deel van die toer deur Amsterdam.

Die hele westelike deel van België was op ons "spyskaart", ons het met die pragtige ou stad Brugge begin, daarna die hoofstad Brussels met die Atomium en Mannekin Pist, en afgelsuit met die lewendige studentedorp Gent. Die onderwysers wat die groep vergesel het, Mevv. Petrusa Marais en Sonja Smith is ook op die hande gedra en het ook leerkrag-uitruil beleef net soos die leerders.

Hulle het in Kortrijk gewoon en ook 'n dagbesoek aan Lille, 'n pragtige plek in Noord-Frankryk, ongeveer 30km vanaf Kortrijk.

Ons beskou die hele uitruilprojek as ongelooflik waardevol vir leerders en onderwysers.