•  DSC0539
  • Langenhoven
  • skool
  • Neelsie slideshow
  • Massafoto
  • Dasse Doen DingeFeathers - Copy
  • Skoolterrein
  •  DSC0127
  • Interskole
  • Ingang van skool
  • skool
  • Neelsie
  • Die Skool waar elkeen iemand is.
  • Dasse doen Dinge
  • Skoolterrein
  • Koshuis

LizaLiza maak Langenhoven trots

Liza Gerber, 'n graad 11-leerder, het vanaf 7 September – 15 Oktober 2016 aan verskillende skoue deelgeneem en uitmuntend presteer.

Tydens Upington Skou is Liza deel van die Junior Protea-span waar hulle teen Junior Namibia deelneem. Liza ry in die 3-gangspan en haar span verower goud. Liza verwerf ook individueel 'n eerste plek. By Robertson Skou is sy die Kampioen in Vyfgang Kinderryperd en behaal sy die WP Ruiterkunsspan. Liza is ook nommer een ruiter van die Vyfgangspan. By Moorreesburg- en Tulbagh Skou is Liza altwee kere eerste tydens die WP Proewe in die Vyfgang Ruiterkuns.