•  DSC0539
  • Langenhoven
  • skool
  • finaliste

  • Foto4

  • Neelsie slideshow
  • Opedag 2016
  • Massafoto
  • Dasse Doen DingeFeathers - Copy
  • Skoolterrein
  • Wetenskap
  • Foto2
  • Tweelingdag

  •  DSC0016

  • Foto1

  •  DSC0127
  • Skopboks
  • Gholfspan
  • rugby

  • hokkie

  • Interskole 2016
  • Ingang van skool
  • skool
  • Finaliste - Mnr. & Mej. Langenhoven en Mej. Junior
  • Mej. Junior
  • Neelsie
  • Opedag 2016
  • Die Skool waar elkeen iemand is.
  • Dasse doen Dinge
  • Skoolterrein
  • Wetenskap
  • Junior Bal 2015
  • Tweelingdag
  • Tweelingdag
  • Valentynsdans
  • Koshuis
  • Skopboks SWD
  • Gholfspan
  • 2016 Eerste Rugbyspan
  • 2016 Eerste Hokkiespan

JVRLangenhoven oorheers mini-interskole

Hoërskool Langenhoven het op Saterdag, 27 Mei 2017, teen Hoërskool Jan van Riebeeck kragte gemeet. Twee rugby- en hokkiewedstryde, en drie netbalwedstryde is gespeel. Die Dasse het die mini-interskole oorheers en die Interskoletrofee verower.

Die Dasse het sewe van die agt wedstryde gewen en die tellings lyk soos volg: Die eerste netbalspan seëvier met 28-13 en die O/14A's met 20-14. Die O/15A's moes die knie met 7-27 buig.

Die eerste hokkiespan en die O/16A's speel briljant en beide wen 3-0.

Die rugbyspanne het nie teleurgestel nie en die O/15A's wen 25-5. Die eerstespan speel 'n briljante wedstryd en seëvier 47-22.

Op die foto staan Hoërskool Langenhoven se eerste rugbyspan en sing na afloop van die wedstryd. Voor hulle staan die Interskoletrofee.