•  DSC0539
  • Langenhoven
  • skool
  • Neelsie slideshow
  • Massafoto
  • Dasse Doen DingeFeathers - Copy
  • Skoolterrein
  •  DSC0127
  • Interskole
  • Ingang van skool
  • skool
  • Neelsie
  • Die Skool waar elkeen iemand is.
  • Dasse doen Dinge
  • Skoolterrein
  • Koshuis

wynveilingWynveiling groot sukses

Die skool het op Dinsdag, 24 Oktober 2017 'n uiters suksesvolle wynveiling in die skool se ondersteunersklub aangebied.

Die doel van die veiling was om fondse vir die skool in te samel ten einde te verseker dat die hoë standaard van onderrig gehandhaaf kan word.

Mnr. Beyers Truter, eienaar van die Beyerskloof Landgoed te Stellenbosch was die afslaer. Hy is 'n legende in die wynbedryf en het die gaste met sy ongelooflike kennis van wyn en staaltjies getrakteer.

Dit was 'n uiters suksesvolle wynveiling en die skool is baie dank aan die gemeenskap vir ruimhartige wynskenkings verskuldig. Nόg 'n riem onder die hart is die oop hande en beursies van almal wat die gehalte-wyne gekoop het.

Op die foto verskyn van links: Piet de Villiers (skoolhoof), Estéa Venter (Openbare betrekkinge-beampte), Beyers Truter en Hardy de Beer (organiseerder en onderwyser van Hoërskool Langenhoven).