•  DSC0539
  • Langenhoven
  • skool
  • Neelsie slideshow
  • Massafoto
  • Dasse Doen DingeFeathers - Copy
  • Skoolterrein
  •  DSC0127
  • Interskole
  • Ingang van skool
  • skool
  • Neelsie
  • Die Skool waar elkeen iemand is.
  • Dasse doen Dinge
  • Skoolterrein
  • Koshuis

RadandtHoofseun vir Jeugleierskonferensie gekeur

Radandt Malherbe, Hoërskool Langenhoven se hoofseun van 2018, is gekies om vanaf 8 – 14 Desember 2017, deel van die jaarlikse Jeugleierskonferensie van die Burger te Muizenberg, te wees.

Dit is 'n groot prestasie aangesien die wedywering baie sterk was en slegs 'n beperkte aantal afgevaardiges gekies is. Radandt sal die geleentheid kry om met jong geesgenote kennis te maak, vriendskappe te smee en na gesaghebbendes, elkeen 'n meester op sy gebied, te luister. Inderdaad 'n geleentheid wat 'n mens maar eenmaal in 'n leeftyd te beurt val. Die tema vanjaar is: Die rol van die jeug in die bou van 'n inklusiewe samelewing.