•  DSC0539
  • Langenhoven
  • skool
  • Neelsie slideshow
  • Massafoto
  • Dasse Doen DingeFeathers - Copy
  • Skoolterrein
  •  DSC0127
  • Interskole
  • Ingang van skool
  • skool
  • Neelsie
  • Die Skool waar elkeen iemand is.
  • Dasse doen Dinge
  • Skoolterrein
  • Koshuis

Foto 1Kunstenaar sorg vir suksesvolle funksie

Die uiters talentvolle sanger, Jo Black en sy orkes, het op 11 Mei Riversdal en omgewing kom vermaak. Die funksie was 'n fondsinsameling vir Hoërskool Langenhoven.

Ongeveer 322 mense het saam met die vertoning 'n heerlike 3-gang maaltyd geniet. 160 Mense kon op die gallery sit en deel in die aand.

Danksy die borge en mense wat baie hard gewerk het was dit 'n uiters suksesvolle funksie en groot dank moet aan Anton en Adrie Swart gaan vir hulle betrokkenheid en hulp met die reëlings.

Baie dankie aan Hessequa Abattoir wat die ankerborg vir die aand was en die volgende hoofborge: JC Slagtery, Riversdal Superspar, Sleeping Beauty Traders, Jireh Dairies, Oakhurst Gastehuis, Rusticana Gastehuis, Riversdal Toyota en Theo Sauerman. Dankie ook aan die volgende besighede en persone wat donasies gegee het: 3@1 Riversdal, Aduan van den Berg, André de Jager, Avianti Wine & Liquor, Baleia Wines, Bernard & Nicoline Noëth, Enya's Coffee House, Favour Stud, Gas Elektrik, Gerdus van Tonder, Hannelie Faddel, HC Snyman, Hi-Q, Jaco van Zyl, JLE Rekenmeesters, Johannes & Geoffrey Joubert, Karen's Place (Donny Juta), Kobus Marais, Ladismith Kaas, Laerskool Volschenk, Marleen Silva, Max Baise Bottelstoor, Medidal Apteek, Motors & Trekkers, Muiskraal, Neil van Tonder, Nestlé (Jean Higgs), Nibbling Squirrel, OK Foods Stilbaai, PC Streicher, Pinnacle Point Estate, Pro Beauty, Richard Marshall, Riversdal Apteek, Riversdal Landbougenootskap, Rola Ford, Ryno Stander, Sonja Small, Spitskop Steenwerke en Spur.

Jo Black het nie net 'n vertoning gelewer nie, maar met elke hart in die gehoor kom praat. Almal kon huis toe gaan met iets meer as waarmee hulle gekom het.