Dassedagsê 24/02/17

24
mail
Langenhoven Header web
24 Februarie 2017
                      Dassedagsê

 

Atlete presteer!

 

Daar is twaalf van die skool se atlete wat na verlede naweek se Eden Altetiekkampioenskappe provinsiale kleure verwerf het. Hulle is Brendon Marais, Richard Marshall, Lazlo Paulsen, Conrin-Lee Adams, Stephan Prinsloo, Jowin Pieterse, Elzé van Tonder, Nadia Enslin, Stephani Heenop, Margaux Pienaar, Andrie Swart en Alika Steyn. Baie geluk aan al hierdie atlete. Ons weet dat dit baie harde werk geverg het om hierdie prestasies te behaal!

 

 

 

Jong skut weer in aksie                              

 

Lourens van Vuuren, wat onlangs puik geskiet het in die Kaap, neem hierdie naweek in Grahamstad deel. Hy vertrek reeds môre op die ver pad Oos-Kaap toe. Ons wens hom baie sterkte toe met Saterdag se kompetisie.

 

 

 

Gholf en tennis vandag aktief

 

Die finaal van Eden Skolegholf find vanmiddag op Mosselbaai plaas. Die skool se gholfspan neem hieraan deel. Ons wens hulle baie sterkte toe en vertrou dat dit baie goed met hulle sal gaan. Die skool se eerste tennisspan speel vanmiddag ‘n vriendskaplike wedstryd tuis teen Caledon. Mag dit met hulle baie goed gaan.

 

 

 

Burta de Kock bied netbalkliniek aan

 

Mev. Burta de Kock, ‘n voormalige Protea-netbalafrigter, bied volgende week van Maandag tot Woensdag ‘n netbalkliniek vir ons dogters aan. Ons is baie bevoorreg om ‘n afrigter van hierdie kaliber by ons te hê. Ons vertrou dat ons netbalspelers en afrigters die kliniek baie leersaam sal vind.

 

 

 

Toetsreeks begin

 

Hierdie kwartaal se toetsreeks begin Maandag. As gevolg van die netbalkliniek, sal daar slegs Maandag en Vrydag volgende week toetse wees, maar elke Maandag, Dinsdag en Donderdag op die daaropvolgende weke.  

 

                                                                                                                                                                                                     

 

Hare en voorkoms

 

Daar is van ons skool se leerders wat, ten spyte van duidelike voorskrifte in die Dasboekie in verband met voorkoms, nie die voorskrifte nakom nie. Reël 4.2.3 (t.o.v. dogters se voorkoms) lui: “Hare mag nie gekleur word nie. Geen strepies in hare.” Dogters wie se hare tans nie aan die voorskrifte voldoen nie, moet verseker dat dit voor die eerste dag van die tweede kwartaal wel aan die voorskrifte voldoen. Reël 4.1.3 (t.o.v. seuns se voorkoms) lui: “Geen ‘steps’ in hare. Hare mag ook nie gekleur word nie. Geen strepies in hare.” Die “geen steps” impliseer dus dat die “English cut” verbode is. Die meeste leerders wat oor hulle hare aangespreek is, het dadelik hulle samewerking gegee. Baie dankie aan hierdie leerders en ook ouers wat die skool se hand geneem het om te sorg dat hulle kinders aan die voorskrifte voldoen.

 

 

 

Voorwaar ‘n glansaand!

 

Baie geluk aan AL ons pragtige leerders wat op een of ander manier by die Mnr. en Mej. Langenhoven kroningsaand betrokke was. Dit was ‘n pragtige geleentheid. Mej. Langenhoven is Liza Gerber, Mnr. Langenhoven is Gian Rademeyer, Mej. Jnr Langenhoven is Anja Joubert, Mej. Persoonlikheid is Janique Gerber, Mej. Persoonlikheid Jnr word deur Nika du Toit en Juanique van Vuuren gedeel. Mej. Fotogenies is Kelly Boswell, Mej. Fotogenies Jnr is Anja Joubert, Mnr. Fotogenies is Christiaan Heyns en die Glansaand Debutant is Bianca Lombaard. Baie dankie aan mevv. Du Plessis, Du Preez en almal wat behulpsaam was. U kan baie trots wees op ‘n baie mooi aand!

 

 

 

Deurnag

 

Die jaarlikse deurnag vind hierdie jaar op 30 Maart plaas. Die kaartjies se prys is vir die eerste keer in ses jaar verhoog. Die kaartjies kos R130, maar dit sluit vanjaar ook deelname in kaskarkaskenades in. Die kaskarkaskenades vind vanaf 16:00 tot 19:00 plaas. Die deurnag vind net daarna plaas en eindig 06:00 die volgende oggend waarna leerders huis toe gaan. Die leerders kan van volgende week af hulle toegangsgeld by mev. Coetzer by die skool inbetaal. Daar is nie vanjaar borgvorms beskikbaar nie.

 

 

 

 

   

 

 

 

 

 

 

--

HS Langenhoven geborg deur RIVERSDAL TOYOTA          

--