Dassedagsê 10/03/17

 
mail
Langenhoven Header web
10 Maart 2017
                      Dassedagsê

Opedag

Baie dankie aan ouers wat gehelp het om stalletjies vir die Opedag in gereedheid te bring. Baie moeite is gedoen om die skool se bedrywighede op kreatiewe wyse onder die gr. 7’s se aandag te bring. Die dag het goed afgeloop. Baie dankie aan mev. Estea du Preez vir al haar reëlings en organisering.

 

Redenaars praat groot op Oudtshoorn!    

Altesaam sewentien Dasse neem Saterdag op Oudtshoorn deel teen ander skole se redenaars van die hele streek. Baie sterkte aan elkeen van hulle. Diegene wat na die volgende rondte in Port Elizabeth deurdring, verwerf provinsiale kleure.

 

Hokkieproewe

Die Eden-hokkieproewe vind môre op George plaas. Nege van ons hokkiedogters neem daaraan deel. Ons vertrou dat dit baie goed met hulle sal gaan.

 

Deurnag

Ons herinner ouers aan die steakete wat op dieselfde aand van die Deurnag plaasvind, d.w.s. op Donderdag 30 Maart. Kaartjies kos R130 per persoon. Kom kuier heerlik saam met ander ouers van die skool.

Die leerders wat die Deurnag wil bywoon, moet teen Maandag 27 Maart hulle R130 toegangsfooi by mev. Coetzer inbetaal.

 

Andrie verwerf Eden-kleure

Andrie Swart het Eden-kleure vir tweekamp verwerf. Sy neem tydens die Aprilvakansie vir Eden aan die SA Landloopkampioenskappe in die Paarl deel. Ons is baie trots op haar!  

                                                                                                                                                                                                

Skaakproewe

Die skaakspelers het altyd ‘n uitmergelende reeks proewe. Hierdie naweek se rondte proewe .vind op Calitzdorp plaas. Sewe van ons leerders is daarby betrokke. Mag hulle al die regte skuiwe maak.

 

Voortrekkers kamp hierdie naweek

Daar is van ons leerders wat hierdie naweek aan ‘n Voortrekker-oordkamp te Oudenbosch deelneem. Mag dit ‘n leersame en genotvolle kamp vir elkeen van hulle wees.

 

Loerie Sportdag

Die eerste netbal- en rugbyspanne speel hierdie naweek hulle eerste wedstryde op die Loerie Sportdag te Hoërskool Wittedrift, naby Plettenbergbaai. Ons vertrou dat hulle die ervaring sal gebruik om ‘n suksesvolle seisoen in te lui.

 

 

 

Hoërskool Langenhoven – 75 jaar oud!

 

--

HS Langenhoven geborg deur RIVERSDAL TOYOTA          

--