Awsum Logo Finaal

 

 

facebook png instagram-logo-

Facebook en Instagram

 

Dassedagsê 18/05/18

mail
Langenhoven Header web
18 Mei 2018
                      Dassedagsê

 

 

Wes-Kaap netbalproewe

Daar is 20 netbaldogters wat vanoggend al Hermanus toe vertrek het. Hulle neem vandag en môre aan Wes-Kaap netbalproewe deel. Ons wens hulle baie sterkte toe.

 

‘n Grόόόόt dankie!

Ons wil ‘n baie groot dankie aan Anton en Adrie Swart (Hessequa Abattoir) rig in verband met die Jo Black-vertoning van verlede Vrydagaand. Dit was ‘n reusesukses en het die skool se koffers aansienlik aangevul. Nie net was Hessequa Abattoir die hoofborg nie, maar Anton en Adrie was aktief by die reëlings en aanbieding van die aand betrokke. Dankie ook aan alle ander borge, soos op die aand genoem, vir u aandeel. Dit word baie waardeer.

 

Montana-sportnaweek

Montana ding al van vanmiddag af teen ons leerders in ‘n verskeidenheid sportsoorte mee. Vanmiddag vind die gholf, skaak en tennis plaas. Die netbal, hokkie en rugby is môre aan die beurt. Kom ondersteun gerus al die Dasse. Die program van die naweek se verrigtinge verskyn agterop hierdie nuusbrief.

 

Bloedskenk

Daar is weer Maandag ‘n geleentheid vir leerders om bloed te skenk. Leerders moet sestien jaar oud wees en meer as 50kg weeg. Dit is ‘n baie verdienstelike saak en daarom moedig ons leerders aan om bloed te skenk. Hulle opoffering kan daartoe bydra dat ‘n persoon se lewe gered word.

 

Addisionele Wiskunde-eksamen

Die leerders wat Addisionele Wiskunde neem, lê Maandagaand van 17:00 tot 19:00 ‘n eksamen in die vak af. Ons wens hulle baie sterkte toe.

 

Netbal Topskole

Die skool se A-spanne neem eerskomende Woensdag aan die Topskole Netbaltoernooi deel. Dit vind op ons bane plaas. Ons besef dat die kompetisie uiters straf sal wees, maar glo dat al die netbal-Dassies nét hulle beste sal lewer.

 

Eksamen begin 29 Mei

Die eksamen neem amptelik op 29 Mei ‘n aanvang, alhoewel sekere vakke reeds op Maandag 28 Mei al praktiese assesserings aflê.

 

Wes-Kaap individuele skaakproewe

Die Wes-Kaap individuele skaakproewe vind hierdie naweek in Kleinmond plaas. Twee van ons leerders, Cornell Juta en Diaheine-Lee Prins neem daaraan deel. Mag dit baie goed met hierdie twee slim Dasse gaan!

 

Eisteddfod

Die leerders het nog net tot die einde van volgende week geleentheid om vir die Ratem Eisteddfod in te skryf. Die stuk(ke) wat gelewer word, moet die R25 inskrywingsfooi vergesel.

 

Ina Paarman-projek

Die gr 8-,9- en 10-klasse neem vanjaar aan hierdie projek deel. Al die inligting en vorms is gister aan hulle uitgedeel.

Ondersteun hulle asb. Die projek loop slegs drie weke.  Daar is baie pryse vir die leerders om te wen.  U kan ook wen – u kry gehalte produkte teen bekostigbare pryse.

 

NG Moedergemeente se basaar

Die NG Moedergemeente het gevra dat ons op ons nuusbrief moet aanbring dat hulle volgende Vrydag (25 Mei) om 17:30 hulle basaar in die kerksaal aanbied. Daar sal heerlike etes en ander verversings te koop aangebied word. Ondersteun hulle gerus.

 

Afkondiging van Riversdal Ryskool

Indien u of u kind in perdry belangstel, kan u vir Elané (082 855 7789) of Samantha (082 803 4982) kontak. Die tariewe is: R100 per uur of R65 per halfuur.

 

 

 

 

 

 

 

--

HS Langenhoven geborg deur RIVERSDAL TOYOTA          

--