Dassedagsê 16/02/18

This e-mail contains graphics, if you don't see them » view it online.

mail

Langenhoven Header web

16 Februarie 2018

                      Dassedagsê

 

Beheerliggaamverkiesing

Die Beheerliggaamverkiesing vir ouers vind op 5 Maart 2018 om 18:00 in die skoolsaal plaas. Daar moet ‘n kworum van 80 ouers wees. As u nie ‘n registrasievorm ontvang het nie, kontak die skool asb. dadelik sodat ons een aan u kan besorg en u wettiglik aan die verkiesing mag deelneem. Ons wil ‘n ernstige beroep op alle ouers doen om te kom stem. U kies immers persone wat u belange in die skool vir die volgende vier jaar moet verteenwoordig.

 

Toetsrooster

Die toetsrooster is aangeheg. Let asb. daarop dat gewone onderrig na die toetsperiode op toetsdae sal geskied. Daar is GEEN blokdae nie. Leerders sal egter minimaal huiswerk ontvang voor toetsdae.

 

Bemarkingsbesoeke

Die skool se bemarkingsbesoeke aan voederskole duur voort. Laerskool Volschenk se besoek vind eerskomende Maandag (19 Februarie) om 18:00 in Laerskool Volschenk se saal plaas. Laerskool Bertie Barnard se besoek vind twee dae later (Woensdag, 21 Februarie) in Bertie Barnard se skoolsaal plaas. Versprei asb. die boodskap aan bure en kennisse wat sal belangstel. Aansoeke vir toelating tot Hoërskool Langenhoven in 2019 het op 12 Februarie geopen en sluit reeds op 23 Maart. Hierdie datums word nie deur die skool bepaal nie, maar deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement.

 

Skoolontwikkeling

Baie dankie aan ouers wat op die skoolontwikkelingsvraelys reageer het. Ons sal die inligting wat daarin vervat is, verwerk en aksieplanne opstel om ‘n beter diens aan leerders en ouers te bied.

 

Riversdal Landbouskou

Baie geluk aan leerders wat reeds uitstekend presteer het. Stel asb. die skool (verkieslik skriftelik) in kennis van u kind se uitstaande prestasies sodat ons die nodige erkenning daaraan kan gee.

Baie geluk aan ons seuns en dogters wat gisteraand uitstekend presteer het en die onderskeie aflosse vir seuns en dogters gewen het. Hulle het ook met hulle netheid en gedrag beϊndruk!

 

Atlete is op dreef

Ons atlete het Dinsdagaand, op die Hessequa Altetiekbyeenkoms te Riverville, uitstekend presteer. Daar is 14 goue medaljes, 18 silwer en 11 bronsmedaljes tydens die byeenkoms ingepalm. Van die uithalerprestasies was: Chantel Jafta (D O/15) wat beide die 400m- en 800m-items gewen het; Lyle-Clint Fielies (S O/14) wat die 100m gewen het en boonop ‘n silwer in die 200m behaal het; Stephan Prinsloo (S O/17) wat die diskus-item met ‘n indrukwekkende afstand gewen het. Baie dankie aan mnr. Pieter Franklin wat die byeenkoms gereël het en almal wat as beamptes opgetree het.

Ons topatlete neem hierdie naweek aan die Eden Hoërskole Atletiekbyeenkoms te Oudtshoorn deel. Baie sterkte aan hulle almal. Ons vertrou dat Oudtshoorn nie te warm sal wees nie, maar die atletiekprestasies wel!

 

Besoek van Binnelandse Sake: ID-dokumente

Die beamptes van die Departement van Binnelandse Sake is eerskomende Maandag (19 Februarie) hier om leerders, wat om Identiteitsboekies wil aansoek doen, hiermee by te staan. Dit spaar ouers ‘n spesiale rit George toe. Leerders wat wil aansoek doen, moet egter vanjaar sestien wees en in besit van die volgende wees: twee ID-foto’s; gesertifiseerde afskrifte van hulle moeders se identiteitsdokumente: gesertifiseerde afskrifte van hulle geboortesertifikate. Die dokumente moet gesertifiseer word. Dit kan nie by die skool gedoen word nie, dus moet leerders reeds al die nodige foto’s en dokumentasie gereed hê wanneer hulle skool toe kom.

 

Skoolbywoning

Dit is vir die skool ‘n bron van kommer dat daar reeds aan die begin van die jaar baie leerders afwesig is. Wat nog méér kommerwekkend is, is die feit dat dit baie van ons matriekleerders is. Daar is té veel leerders wat redes soek om nié in die skool te wees nie eerder as om alles in hulle vermoëns te doen om wel op hulle pos te wees. ‘n Leerder wat wil vorder en presteer, kan nie bekostig om gereeld afwesig te wees nie.

 

 

Beheerliggaamverkiesing – 5 Maart om 18:00

 

 

 

 

 

--

HS Langenhoven geborg deur RIVERSDAL TOYOTA          

--

If you're not interested any more » unsubscribe