mail
Langenhoven Header web
1 September 2017
                      Dassedagsê

‘n Laaste netbalwedstryd

Die eerste twee netbalspanne speel vanmiddag ‘n laaste wedstryd, hierdie keer teen Hoër Meisieskool Bloemhoef wat op ‘n toer verby ons dorp beweeg. Ons dogters speel op Laerskool Volschenk se terrein om saam met hulle sportafsluiting te val. Die tweedespan speel om 15:30 en die eerstespan om 16:00. Kom ondersteun ons dogters asb. vir nog één keer hierdie seisoen.

 

Eisteddfod

Daar is ‘n baie entoesiastiese en vaardige groep leerders wat hierdie week aan die jaarlikse Ratem Eisteddfod deelgeneem het. Ons sal volgende week besonderhede van die groot uitblinkers verskaf. Intussen wil ons elke deelnemer vir die moed en deursettingsvermoë gelukwens.

 

Toetsreeks

Die matrieks het hierdie week met hulle rekordeksamen begin. Die ander grade begin eerskomende Maandag (4 September) met hulle toetsreeks. Leerders skryf aan die begin van die dag hulle toetse en daarna sal normale onderrig geskied. Daar is GEEN BLOKDAE NIE. Dus, leerders moet elke dag skool bywoon, selfs al skryf hulle nie op ‘n betrokke dag ‘n toets nie.

 

Verandering van datum: gr. 12-eksamen

Ons skool se Skeinat-leerders sou eerskomende Dinsdag ‘n gemeenskaplike Fisika-vraestel (wat ons skool opgestel het) geskryf het en Maandag twee Engelse vraestelle, nl. vraestelle 1 en 3. Die ander skole skryf nou nie meer ons vraestel nie. Daar is dus besluit om die Engelse vraestelle na Dinsdag (5 September) te skuif en die Fisika-vraestel na Maandag (4 September). Ons glo dat hierdie reëling tot voordeel van ons leerders is. Dit is belangrik om op te let dat die matrieks Maandag om 08:40 in hulle eksamenlokaal moet wees, maar Dinsdag reeds om 07:40. Dit is sodat daar genoeg tyd is om twee vraestelle in die skooldag in te pas.

 

Landloper presteer

Nόg ‘n landloopatleet is vir goeie prestasies beloon. Dominique Warniek neem volgende naweek aan die Interprovinsiale Landloopkampioenskappe te Potchefstroom deel. Ons wens hom baie sterkte toe.

 

Belgiese uitreik

Alle ouers en leerders wat in volgende jaar se Belgiese uitreik belangstel, asook diegene wat reeds aangedui het dat hulle die toer wil meemaak, word na ‘n inligtingsvergadering uitgenooi. Belangstellende leerders moet tans in grade 9 of 10 wees. Die vergadering vind eerskomende Maandag om 18:00 in mev. Marais se klaskamer (kamer 10).

 

 

Skyfskiet

Die skyfskietklub bied op 14 Oktober ‘n steak-ete as ‘n fondsinsameling aan. Kaartjies kos R100 per persoon. Daar is oral plakkate aangebring, ook by die skool. Indien u belangstel, kontak die nommers wat op die plakkate verskyn.

 

--

HS Langenhoven geborg deur RIVERSDAL TOYOTA          

--