Awsum Logo Finaal

 

 

facebook png instagram-logo-

Facebook en Instagram

 

Kontakbrief 3

 
mail
Langenhoven Header web
21 Junie 2018
                      Kontakbrief

 

                    Kontakbrief 3/2018

Geagte Langenhoven-ouers

 

Ek bring graag die volgende onder u aandag:

 

1.         PERSONEEL 

 

Baie dankie aan mev Mariëtte Myburgh en mev Mariëtte van Vuuren wat die afgelope kwartaal onderskeidelik verantwoordelik was vir die aanbied van Graad 10 Afrikaans Huistaal en Graad 8 Natuurwetenskap.  Ons het groot waardering vir die goeie werk wat hulle gelewer het.  Mev Odette du Plessis keer van haar bevallingsverlof terug en sal weer volgende kwartaal op haar pos wees.

 

2.         RAPPORTE EN OUERAAND: 24 JULIE

 

Voer asseblief ’n gesprek met u kind na aanleiding van sy of haar rapport. Indien u dalk ’n behoefte het om met die personeellede oor u kind se vordering te gesels, kan u mev. Cronje skakel en vir afsprake reël vir Dinsdag, 24 Julie, tussen 18:00 en 21:00.  Ons ontvang u graag by die skool.

 

3.         AKADEMIESE PRESTEERDERS

 

Ons wens graag die toppresteerders, in hul onderskeie grade, na afloop van die Junie-eksamen geluk:

 

Graad 8:          Rosa van Zyl - 94,6%

Graad 9:          Sunica Tesner - 93,9%

Graad 10:        Nadia Enslin - 95,2%

Graad 11:        Willandri Hanekom - 91,5%

Graad 12:        Radandt Malherbe - 90,4%

 

 60 onderskeidings is die afgelope kwartaal deur leerders behaal.  Ongelukkig het ’n groot groep leerders nie aan die slaagvereistes voldoen nie.  Hulle het egter die volgende ses maande om dit reg te stel!

 

4.         PRESTASIES DEUR LEERDERS

 

4.1       REDENAARS

 

Vyf leerders dring deur na die semi-finale rondte van die ATKV-kompetisie en verwerf SWD-kleure: Annika Streicher, Nadia Enslin, Johané Gerber, Karin Bester en Paula-Mari Streicher.

 

4.2       DEBAT

 

Drie debatspanne dring deur na die semi-finale rondte van die ATKV-debatskompetisie en verwerf sodoende hul provinsiale kleure: Bianca Lombaard en Annika Streicher, Anja Joubert, Kiara Vosloo, Cheandré du Rand, Skye Luus en Elrike Kleinhans.

 

4.3       SPORT

 

GESTREMDE SPORT (ATLETIEK) – NASIONALE KLEURE

 

Marlé van Wyk

 

RUITERKUNS – NASIONALE KLEURE

 

Carla Conradie

 

GESTREMDE SPORT (ATLETIEK) – WES-KAAP

 

Tinka Fox

 

NETBAL – EDEN

 

O/14:   Suné Basson, Mienke Doubell

O/15:   Christel Jooste, Lizanne Rall                                                         

O/16:   Ivana Sefoor, Jalin Heradien  

O/17:   Alicia Sambo, Jamy Riddles, Adunaike Herling

O/18:   Haigha-Rose Groenewald, Leané Pottas, Elana van Zyl

 

NETBAL - WES-KAAP

 

O/15: Allison Eksteen, Hayleigh September, Juanique van Vuuren

 

HOKKIE – EDEN

 

O/14 Seuns: Christiaan Schabort

O/18 Dogters: Andrie Swart, Zanelle Warner, Elizmari Solomon

 

SKAAK – EDEN

 

Diaheine-Lee Prins en Cornel Juta

 

RUGBY - SWD - ONTWIKKELINGSPAN

 

Dean Brits

 

KARATE – WES-KAAP

 

Anré Farre

 

GHOLF – SUID-KAAP

 

Jan Human

 

TENNIS

 

Christel Jooste

 

SKOPBOKS

 

Lize Crous

 

TOUTREK – WES-KAAP

 

Petra Crafford

Riana Swart

 

TAFELTENNIS – SWD

 

Evan Fortuin

 

Baie geluk aan hierdie leerders en hulle ouers.

 

5.         VAKANSIE-AKTIWITEITE

 

Die volgende leerders gaan gedurende die vakansie aan verskeie toernooie en aktiwiteite deelneem:

 

NETBAL - WES-KAAP (INTERPROVINSIAAL)

 

Allison Eksteen, Juanique van Vuuren en Hayleigh September – Boksburg

 

NETBAL – EDEN (INTERSTREEK)

 

Suné Basson, Mienke Doubell, Christel Jooste, Lizahn Rall, Ivana Sefoor, Jalin Heradien, Alicia Sambo, Jamy Riddles, Adunaike Herling, Haigh-Rose Groenewald, Leané Pottas, Elana van Zyl – Wellington.

 

HOKKIE – EDEN (INTERPROVINSIAAL)

 

Andrie Swart, Zanelle Warner, Elizmari Solomon - Pietermaritzburg

Christiaan Schabort – Bloemfontein

 

GHOLF – (INTERPROVINSIAAL)

 

Jan Human – George

 

VOORTREKKERS

 

Bianca Lombaard, Suné Barnard, Magdel Barnard, Janke Heenop, Miquel D’Emiljo - Theewaterskloofdam

 

Baie sterkte aan bogenoemde groepie leerders – ons weet hulle sal die skool se naam hooghou!

 

6.         PERSONEEL

 

Die volgende personeellede gaan kursusse en kongresse die komende vakansie bywoon:

 

  • Mevv Sonja Smith, Elmien Kloppers en Martha de Beer – 26 en 27 Junie – Somerset-Wes
  • Mnr Marco van der Linde – 25 en 26 Junie – Stellenbosch
  • Mnr Riaan van Schalkwyk – 25 tot 29 Junie – Bellville

 

Mag hulle dit verrykend en leersaam vind!

 

7.         ONDERRIG- EN LOSIESGELDE

 

’n Ernstige beroep word op ouers gedoen om onderrig- en losiesgelde getrou te betaal. Sonder die gereelde vereffening van hierdie gelde kan die skool nie sy finansiële verpligtinge nakom nie.  Dankie aan dié ouers wat getrou betaal.

 

8.         KWARTAALPROGRAM

 

’n Voorlopige program vir volgende kwartaal word saam met hierdie kontakbrief gestuur. Ondersteun veral dié aktiwiteite waarby u kind betrokke is.  Merk asseblief die Interskoledatum van 18 Augustus op u kalender.  Ons wil baie graag ’n groot groep van ons ouers langs die veld hê om ons spanne teen Swellendam te ondersteun.

 

Ek hoop dat die vakansietyd vir u as gesin mooi sal verloop. Ontvang die personeel se mooiste wense.

 

 

PJT DE VILLIERS

SKOOLHOOF

 

 

 

SKOOLTYE: DERDE KWARTAAL

 

Maandag tot Vrydag: 07:25 – 13:45

                 Woensdag: 07:25 – 13:05

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SKOOLKWARTALE VIR 2019

 

 

 

Kwartaal 1:     09 (07) Januarie – 15 Maart

 

Kwartaal 2:     02 April – 14 Junie

 

Kwartaal 3:     09 Julie – 20 September

 

Kwartaal 4:     01 Oktober–4(6) Desember

 

 

 

PADKOS VIR DIE SIEL:

 

1.         Die beste manier om iemand “terug te kry” is om te vergewe.

 

2.         Alle mense glimlag in dieselfde taal, so glimlag meer, almal sal jou verstaan.

 

3.         Liefde is die enigste ding wat verdeel kan word sonder dat dit minder word.

 

4.         Indien jy jou hart vul met verwyte oor gister en bekommernisse van môre, het jy geen vandag om voor dankbaar te wees nie.

 

5.         Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan die huidige ruïneer deur te bekommer oor die toekoms

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

--

HS Langenhoven geborg deur RIVERSDAL TOYOTA          

--