Debat

Debat 2015 

Die skool se debatspanne maak hulle stem dik wanneer daar aan debatskompetisies deelgeneem word. Daar is twee afdelings van die ATKV se Debatskompetisie waarin deelgeneem word. Die graad 8 en 9-leerders neem in die junior afdeling deel en die graad 10 tot 12-leerders neem in die senior afdeling deel. Daar is drie spanlede in die junior spanne en twee spanlede in die senior afdeling. Die Dasse is die afgelope vyf jaar elke jaar SWD-verteenwoordigers teen die OP se uitblinkers.