Musiek

Musiek

Daar is verskeie van die skool se leerders wat baie musikaal is. Alhoewel die skool nie musiek as vak aanbied nie, word die musikale leerders by Laerskool Volschenk geakkommodeer. Die skool se leerders wat baie vaardig is met hulle musiektalent, word met saalbyeenkomste ingespan.  Hulle begelei die sang met geestelike liedere, die skoollied en volkslied. Die musiekleerders kry ook geleentheid om hulle talente tydens die jaarlikse Ratem Eisteddfod ten toon te stel.