Redenaars

redenaars

Die Dasse kán praat! Die skool se redenaars presteer gereeld op die hoogste vlak. Die Dasse het jaarliks redenaars wat die streek  in die ATKV se Redenaarskompetisie verteenwoordig. Die afgelope paar jaar is daar selfs redenaars wat tot die nasionale eindronde van die ATKV se kompetisie deurgedring het. Die vaardighede wat die leerders in hierdie aktiwiteit opdoen, is vir die res van hulle lewens tot hulle beskikking.