Atletiek

AtletiekDie skool het dit hom ten doel gestel om die standaard van atletiek die afgelope paar jaar te verbeter. Kundige atletiek-afrigters is genader om die atlete by te staan. Dit het die nodige vrugte afgewerp en die Dasse lewer gereeld verskeie provinsiale atlete op.  Die kleure-atletiekbyeenkoms vind jaarliks in die tweede week van die eerste kwartaal plaas. Dit bied die skool die geleentheid om atlete met talent te identifiseer. Daarna word hulle in die afrigtingstelsel opgeneem om hulle vaardighede te slyp.