Atletiek 2014

SWD-ATLETIEK

Dertien Dasse van Hoërskool Langenhoven is opgeneem in die SWD-atletiekspan. Die Dasse het vanjaar meer plekke verwerf en beter prestasies as in vorige jare. Dit hoofsaaklik toegeskryf kan word aan 'n entoesiastiese afrigterskorps, toegewyde atlete en groter blootstelling met meer deelname aan groot byeenkomste.

 

SWD Atletiek 2014

Links van agter: Josha Lawson (diskus); Jean-Jacques Malherbe (diskus); Renél Kleynhans (gewigstoot en diskus); Richard Marshall (diskus); Karlie Breytenbach (gewigstoot); Elzé van Tonder (gewigstoot en diskus) Middel: Anri Steyn (spiesgooi); Carina van der Watt (200m); Danielle Marais (driesprong); Stephani Heenop (driesprong) Voor: Krishna Hattingh (100m); Ruben Dlepu (1 500m en 3 000m) en Devon de Villiers (3 000m)