Netbal 2013

Hoërskool Langenhoven se netbal het 'n "blom"-jaar beleef in 2013. Langenhoven het met 12 spanne gekompeteer en het uitstekend gevaar. Ons is een van net drie skole in die Weskaap (saam met Stellenberg en Paarl Gimnasium) wat met al ons A-spanne in die ouderdomsgroepe waarin ons kompeteer na die Weskaap Topskole Kompetisie kon deurdring. 2013 was die eerste jaar waarin alle ouderdomsgroepe volwaardige Weskaap spanne na die SA Kampioenskappe gestuur het, wat bestaan uit 'n gemengde groep uit SWD, Boland en WP na afloop van Weskaap Proewe. Ons kan met trots sê dat ons SES Weskaap spelers kon oplewer nadat Hoërskool Langenhoven as gasheer opgetree het vir die Weskaap proewe. Die volgende SES spelers is in die Weskaap spanne opgeneem wat gedurende die Junie-vakansie in Margate, Kwazulu-Natal, gespeel het:

O/14 WESKAAP WILLOWS - Sharika Geldenhuys en Nazli Prins

O/15 WESKAAP WILLOWS - Janneke Schnetler (Kaptein) en Magdel van Zyl

O/17 WESKAAP CEDARS - Lefébre Rademan

O/17 WESKAAP OAKS - Marche-Lee Prins

 

IMG 8422