Rugby 2013

IMG 8416

Die skool se eerste rugbyspan het in 2013 tot in die uitspeelfases van Media 24 se rugbykompetisie vir kleinskole deurgedring.  Die Dasse was die SWD se kleinskolekampioene.  Die Dasse het dus deurgedring na die finaal van Media 24 se kompetisie. Ons opponente van die WP was op die dag ongelukkig te sterk, maar die Dasse is beslis nie oordonder nie. Die hoogtepunt van elke sportjaar is vir die leerders die jaarlikse interskole teen Hoërskool Swellendam. Na 'n klipharde stryd was die tellings uiteindelik gelyk - dalk 'n gepasde uitslag met twee spanne wat hulle harte uitgespeel het.