Skaak

Skaak

Daar is 'n baie ywerige en bedrewe groep skaakspelers in die skool. Daar is jaarliks Dasse wat provinsiale kleure in hierdie sportsoort verwerf. Die skaakseisoen begin aan die begin van elke jaar met 'n reeks proewe waaraan die leerders moet deelneem om uiteindelik SWD-kleure te ontvang. Een van die hoogtepunte vir die skaakspelers is om tydens die tradisionele interskole in Augustus, oorkant 'n skaakbord, teen Swellendam kragte te meet!