Nuwe Dassies word verwelkom

Op die foto verskyn die groep graad 8-leerders.

Nuwe Dassies word verwelkom

Die skool het op Maandag, 15 Januarie 2018, 96 baie opgewonde nuwe graad 8-leerders ontvang.
Die graad 8’s het die jaar afgeskop met ‘n opwindende week wat verskillende aktiwiteite soos pret by Korentepoortdam, spookhuis, skattejag, ‘n dag by die swembad, sokkie en ‘n sottekonsert ingesluit het. Na die sottekonsert het die dassies met die skoollied en “flower of Dasse” afgesluit en is hulle sotkolle (geel knopie) oorhandig wat hulle volwaardige Dasse maak.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp