Dasse-netbalspelers presteer

Op die foto verskyn agter, van links: Alicia Sambo, Mienke Doubell,Haigha-Rose Groenewald, Elana van Zyl, Adunaike Herling, Suné Basson en Ivana Sefoor. Voor, van links: Jalin Haradien, Petrusa Marais, Leané Pottas en Lizanne Rall. Christel Jooste was afwesig tydens die neem van die foto.

Dasse-netbalspelers presteer

Elf van die skool se netbalspelers is na afloop van die Eden Proewe in die Eden-spanne opgeneem.
Die volgende spelers is gekies: O/14: Suné Basson en Mienke Doubell. O/15: Lizanne Rall en Christel Jooste. O/16: Jalin Heradien en Ivana Sefoor. O/17: Alicia Sambo en Adunaike Herling. O/18: Haigha-Rose Groenewald, Leané Pottas en Elana van Zyl.
Hierdie Dasse gaan vanaf 12 – 14 Julie 2018, te Wellington, in die verskillende ouderdomme se Eden-spanne aan die Interdistrik netbaltoernooi, deelneem.
Petrusa Marais, Toerisme-onderwyser en netbalafrigter van Hoërskool Langenhoven is gekies as netbal-gradeerder en -skeidsregter vir die Rhino-week wat dié SA O/16-toernooi is, wat vanaf 2 – 6 Julie 2018 te Sun City plaasvind. Hierdie prestasie verg baie harde werk, want slegs 14 word in die Wes-Kaap gekies wat deur die Suid-Afrikaanse skole netbal gekeur word.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Scroll to Top

Skakel in by Dasseland en ontvang die Dassedagsê of gewone nuusbriewe

Langenhoven Riversdal Wapen