Hoofdogter semi-finalis in skoonheidskompetisie

Janique Gerber

Hoofdogter semi-finalis in skoonheidskompetisie

Janique Gerber, hoofdogter van 2018, is as semi-finalis in die 2018 Miss High School SA skoonheidskompetisie, verkies.
Janique is een van 24 semi-finaliste uit honderde inskrywings van regoor die land. Sy is ‘n ware ambassadeur vir die skool en is baie opgewonde om as semi-finalis verkies te word. Die skoonheidskompetisie is bekend om jong vroue in verskeie aspekte te bemagtig en is veral op die gemeenskap gefokus – iets wat Janique baie naby die hart lê.
Janique streef daarna om positiewe verandering in Riversdal en sy gemeenskap teweeg te bring. Haar leuse is “as jy die geleentheid kry om iets te doen om ander te help, jy daardie geleentheid met albei hande moet aangryp”. Janique voel ook dat dit die jonger geslag se werk is om die verandering te wees wat ons in die wêreld wil sien, en dié kompetisie kan haar daardie geleentheid bied.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Scroll to Top

Skakel in by Dasseland en ontvang die Dassedagsê of gewone nuusbriewe

Langenhoven Riversdal Wapen