Dasse trakteer bergfietsryers

Fietsryers Langenhoven

Name of verduideliking met name onder die.

Dasse trakteer bergfietsryers

105 Fietsryers het vanaf 2 – 9 Februarie 2019, 591 kilos afgelê.
Die TransCape Bergfietsmarathon het op Dinsdag, 5 Februarie hul derde fase by Hoërskool Langenhoven voltooi.

Op hul eindbestemming was die ryers deur baie vriendelike en ondersteuenende Dassies verwelkom. Dit was die vyfde jaar wat hulle by Hoërskool Langenhoven aandoen. Hul het middagete ontvang en is daarna na hul verskeie gastehuise geneem. Die aand was die ryers en uitgenooide gaste van die gemeenskap op ‘n ware feesmaaltyd op die skool se rugbyveld, onder ‘n tent, onthaal.
Bekendes het ook aan hierdie wedren deelgeneem, onder andere Jan Braai en John Smit.
Op die foto verskyn John Smit (51ste kaptein van die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan, die Springbokke) en Estéa Venter (Openbare Betrekkinge-beampte van Hoërskool Langenhoven tydens die geleentheid.

John Smit Springbok Rugby Kaptein By Langenhoven

John Smit – Wêreldbeker rugby kaptein maak ook draai in Dasseland

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp

Scroll to Top

Skakel in by Dasseland en ontvang die Dassedagsê of gewone nuusbriewe

Langenhoven Riversdal Wapen