Volg die aangewysde stappe om jou blokkie te koop.
Hou jou muis op die foto om die vergrootglas te gebruik en kyk na die blokkie/s wat jy wil borg. Kliek op die “Borg ‘n Blokkie” knoppie onder-aan die kaart.
Kies die nommer van die blokkie wat jy graag wil borg.
Kliek op “Add to cart”.
Kliek op “View cart” aan die bo-kant van die bladsy.
Kliek op “Proceed to checkout” en volg die instruksies vir die finalisering van betaling.
Follow these easy steps to purchase your box.
Keep your mouse on the photo to use the magnifying glass and look at the blocks you want to sponsor.
Click on the “Sponsor a Block” button at the bottom of the map.
Select the block you want to sponsor.
Click “Add to cart”.
Click on “View cart” on the top of the page.
Click on “Proceed to checkout” and follow the instructions to make a payment.
BORG ‘N BLOKKIE
Geagte Vriend van Langenhoven
Hoërskool Langenhoven streef daarna om ons leerders tot hulle volle potensiaal te ontwikkel. Gevolglik is ons baie opgewonde om aan te kondig dat ons in 2023 met ‘n ASTROveld-projek vir ons leerders, maar ook vir die breër Riversdalgemeenskap, van stapel stuur. Dit is ons wens om hierdie sintetiese veld langs die huidige netbalbane op te rig. Dit sal beslis ‘n groot bate vir die skool én die breë gemeenskap wees.
Hoërskool Langenhoven, benewens die totale ontwikkeling van ons jeug, beskou die skool as ‘n belangrike vennoot in die hele Riversdalgemeenskap. Die skool wil relevant bly in ‘n veranderende wêreld en daarom het die oprigting van ‘n astroveld noodsaaklik geword. Ons is egter afhanklik van eksterne befondsing. Ons het die bydrae van individue en die sakegemeenskap nodig om alle moontlike geleenthede vir ons leerders daar te stel. Ons wil nie net die hoë standaarde van die verlede handhaaf nie, maar ook verder ontwikkel. Ons vertrou dus dat die hele gemeenskap by bogenoemde projek sal inkoop, ons sal ondersteun en uiteindelik daarby sal baat.
Een van die doelwitte met die oprig van ‘n astro-hokkieveld is om toernooie aan te bied wat ‘n goeie finansiële inspuiting vir die Riversdal sakesentrum tot gevolg kan hê. ‘n Astro-hokkieveld sal die eerste een in die hele Hessequastreek wees. Dit kan daartoe bydra dat Riversdal ‘n gewilde sportbestemming sal wees.
Dit sal nie net oor die korttermyn meer voete na die dorp lok nie, maar ook die skool meer aantreklik maak as ‘n voorkeurskool in ons omgewing.
Dit is binne hierdie raamwerk dat ons die vrymoedigheid neem om individue én besighede te nader vir ‘n donasie om hierdie projek moontlik te maak. Die fondsinsamelingsinisiatief vir die eerste fase van die projek, naamlik die bou van die veld, staan bekend as die Koop-‘n-Blokkie-projek.
Daar is 6000 blokkies beskikbaar wat die 6000m² van die veld verteenwoordig. Die koste van elke blokkie is R1000. Elke individu en/of besigheid wat ‘n blokkie koop, se naam verskyn op Hoërskool Langenhoven se webblad. Besoek gerus ons webblad www.langenhovenhs.co.za om die vordering van die projek dop te hou.
Daar is ook unieke bemarkingsgeleenthede op Hoërskool Langenhoven se webblad en ander platforms beskikbaar vir besighede wat meer as vyf blokkies koop. Rig navrae in dié verband aan: bemarking@langenhovenhs.co.za
Blokkies kan aangekoop word d.m.v. ‘n elektroniese betaling in die rekening van Hoërskool Langenhoven se Ondersteunersklub, of bloot deur die skakel. “Kliek Hier”
Bankbesonderhede is as volg:
Langenhoven Ondersteunersklub. NEDBANK. Tak 153205. Rekening 1626533172.
Verwysing: ASTRO Voorletters en Van.
Stuur asseblief bewys van betaling na finansies@langenhovenhs.co.za
Rig enige navrae per e-pos aan estea@langenhovenhs.co.za of kontak die volgende persone: Estea Venter (Bemarker) by 082 077 4430 of Henco Smith (Skoolhoof) by 076 152 5071.
Hoërskool Langenhoven bedank u by voorbaat vir u ondersteuning met hierdie opwindende projek. Ons glo dat dit vele geleenthede vir ons leerders en die gemeenskap inhou.
Dassegroete
HENCO SMITH
SKOOLHOOF