Hoërskool Langenhoven Jaarverslag
Jaarverslag 2022
JAARVERSLAG 2022
- INLEIDING
Dit is ’n voorreg om verslag te kan doen oor die afgelope jaar se bedrywighede en aktiwiteite van die Hoërskool Langenhoven veral na twee jaar waar COVID-19 ons gekelder het om aan aktiwiteite te kon deelneem.
Die skool het in vele opsigte ’n geseënde jaar beleef. Ons dank ons Hemelse Vader dat Hy dit vir ons leerders moontlik gemaak het om die talle opvoedingsgeleenthede tot hulle beskikking te kon benut, asook vir puik prestasies wat op ’n wye terrein behaal is. Ons wil dan ook aan Hom die eer gee vir dit wat die skool die afgelope jaar bereik het.
Die skool se visie is om die mees gesogte en gerespekteerde hoërskool in die Suid-Kaap te wees. Ons wil gelukkige leerders in ’n veilige omgewing ontwikkel en gebalanseerde leerders wat gereed vir die lewe is, voorberei.
Hierdie verslag sal bevestig dat daar die afgelope jaar ’n vaste voorneme was om bogenoemde doelstellings na te streef.
- AKADEMIE
“Die moeilikste deel van sukses is dat jy dit nie net een keer kan doen en dan bly dit so nie. Jy moet aanhou werk daaraan.” Irving Berlin
Hoërskool Langenhoven het vir baie jare ’n trotse rekord van akademiese suksesse. Leerders se akademiese uitslae bly vir ons baie belangrik en geniet prioriteitaandag. Verlede jaar se matriekklas het uitsonderlik presteer. Die afgelope jaar se prestasies sluit die volgende in:
- Aantal Kandidate 102
- 99% slaagsyfer – 101/102 wat slaag
- 87,25% slaag met Universiteitstoelating
- 15 A – Gemiddeldes
- 32 B – Gemiddeldes
- 30 C – Gemiddeldes
- 183 vakonderskeidings
- Klasgemiddeld – 67,49%
- 13/14 Vakke gemiddeld bo 60%
- Afrikaans HT Top 20 in Provinsie
- Lewenswetenskappe: 2de in Wes-Kaap met gemiddeld van 80.1%, 20/33 leerder met A gemiddeld
TOPPRESTEERDERS:
1. Jana van den Berg |
Gemiddeld 90.50% |
8 Onderskeidings |
2. Sunica Tesner |
Gemiddeld 89.71% |
8 Onderskeidings |
2. Mia Coetzee |
Gemiddeld 89.71% |
7 Onderskeidings |
3. Johané Gerber |
Gemiddeld 87.57% |
7 Onderskeidings |
4. Chané Fourie |
Gemiddeld 87.29% |
7 Onderskeidings |
5. Juanique Jacobs |
Gemiddeld 86.43% |
6 Onderskeidings |
5. Reana Swart |
Gemiddeld 86.43% |
6 Onderskeidings |
6. Cameron October |
Gemiddeld 85.71% |
6 Onderskeidings |
7. Nika du Toit |
Gemiddeld 84.86% |
6 Onderskeidings |
8. Monique Uys |
Gemiddeld 84.43% |
6 Onderskeidings |
9. Anita Willemse |
Gemiddeld 83.14% |
6 Onderskeidings |
10. Rochelle Jv Rensburg |
Gemiddeld 81.00% |
5 Onderskeidings |
11. Lisa Swart |
Gemiddeld 80.86% |
5 Onderskeidings |
12. Kerishni Michaels |
Gemiddeld 80.00% |
5 Onderskeidings |
12. Anja Joubert |
Gemiddeld 80.00% |
3 Onderskeidings |
DISTRIKSTOEKENNINGS
Die prysuitdeling van die Eden en Sentrale Karoo se matrieks van 2021 het op Donderdag, 17 Februarie te George plaasgevind.
Die individuele presteerders is Jana van den Berg wat die 11de plek (90.50%) in die streek behaal het. Johané Gerber het die beste in die streek in Wiskundige Geletterdheid behaal (97%) en Cameron October het die beste prestasie in Verbruikerstudie (92% behaal).
Hoërskool Langenhoven het ook ‘n toekenning gekry vir die getal leerders wat bo 80% gemiddeld behaal het, nl. sestien. Die skool is baie trots op die leerders en hul ouers vir hierdie pragtige prestasies!
TOPPRESTEERDERS 1ste KWARTAAL 2022
Baie geluk aan die volgende toppresteerders in hul onderskeie grade:
Gr.8 – Anze Gildenhuys (91.7%)
Gr.9 – Ansua Du Buisson (93.8%)
Gr.10 – Inga Rall (94.1%)
Gr.11 – Minke Keyser (93.6%)
Gr.12 – Rosa van Zyl (92.7%)
TOPPRESTEERDERS 2de KWARTAAL 2022
Graad 12
Bea Botha (79.3%), Tannah Strydom (79.7%), Jorica Pieters (79.9%), Dominique van Rheede van Oudtshoorn (82.3%), Aiden Geringer (82.7% ), Petra Crafford (88%), Marché Hunter (89.4%), Sarise Oosthuizen (90%) en Madré Davids (92.7%).
Die toppresteerder vir graad 12 is Rosa van Zyl met 95.9%.
Graad 11
Romé van Druten (80.4%), Zanri Jenkinson (80.6%), Mialize Wessels (81.6%), Amoré Franken (82.1%) Benjamin Esterhuizen (83.3%), Megan van Tonder (84%), Emmari Gildenhuys (86.3%), Minke Keyser (89.1%) en Cara Serfontein (90%).
Die toppresteerder vir graad 11 is Irmari Oosthuizen met 92%.
Graad 10
Alexia Michael (81.3%), Anke Gildenhuys (82.6%), Jasmin Fielies (83.1%), Marnike du Plessis (84.6%), Korine Joubert (84.7%), Nelmari La Grange (88%), Lizette Tesner (88.7%), Georgina Thornley (89.6%) en Lisa Louw (90%).
Die toppresteerder vir graad 10 is Inga Rall met 93.6%.
Graad 9
René Small (84.1%), Anessa Barnard (84.5%), Béa-Jade Hector (84.8%), Karla Engelbrecht (86.5%), Emey van den Berg (86.8%), Leonel Scholtz (87.1%), Sanel Engelbrecht (88.6%), Uys Marais (90.2%) en Chimei Lötter (92.2%).
Die toppresteerder vir graad 9 is Ansua Du Buisson met 96.1%.
Graad 8
Hansie Beukes (78.8%), Marguerite Dyason (79.9%), Hendrik van Zyl (81.2%), Etienne Carsten (81.3%), Charoné Rossouw (81.8%), Elvern Appollis (82.3%), Nika Oosthuizen (83.4%), Zoë Tarentaal (84.8%) en Jodie Erasmus (85.4%)
Die toppresteerder vir graad 8 is Cara Hinze met 86.9%.
TOPPRESTEERDERS 3de KWARTAAL 2022
Baie geluk aan die volgende toppresteerders na die afgelope toetsreeks in hul onderskeie grade:
Graad 8 – Anze Gildenhuys (96.67%)
Graad 9 – Ansua Du Buisson (97.22%)
Graad 10 – Georgina Thornley (92.57%)
Graad 11 – Emmari Gildenhuys (89.43%)
DASSE PI-DAG
Die Dasse het op Maandag, 14 Maart 2022, Pi-dag met groot geesdrif gevier. Dit is ook Albert Einstein se verjaardag.
Pi-dag word op 14 Maart (3/14), regoor die wêreld gevier. Pi (Griekse letter “π”) is die simbool wat in Wiskunde gebruik word om ‘n konstante voor te stel – die verhouding van die omtrek van ‘n sirkel tot sy deursnee – ongeveer 3.14159. Pi-dag word 14 Maart gevier omdat 3,14 die afgeronde waarde van Pi is. Die Wiskunde-leerders vier dit deur te kyk hoeveel desimale syfers hulle na die komma kan opnoem.
Op 13 Maart 2022, begin Petra Crafford, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, 100 desimale-getalle van Pi memoriseer.
Deur die loop van die week het Petra besef dat sy ‘n talent het wat nie vir baie beskore is nie.
Me. Sonja Smith (Wiskunde-onderwyser) het ‘n uitdaging aan hierdie Das gestel om tot 500 syfers te leer. Sy het in die volgende drie dae die volgende 400 syfers geleer. Hierdie Dassie was egter nóg nie tevrede nie en het tot 710 syfers geleer!
Op Donderdag, 24 Maart 2022, word ‘n video-opname gemaak waar Petra 713 syfers opsê!
Op Donderdag, 7 April 2022, kan Petra 1 511 syfers na die komma opnoem. Dit plaas haar in die 134ste plek op die wêreldranglys.
Op Donderdag 4 Augustus 2022 kan Petra 3 036 getalle opnoem. Dit plaas haar in die 80ste plek in die wêreld en sy is nou die Afrika-rekordhouer
Die skool is UITERS TROTS op hierdie uitmuntende prestasie! Lank lewe Wiskunde!
WISKUNDE OLIMPIADE
Sestien van die skool se leerders het na die volgende rondte van die Wiskunde-olimpiade deurgedring.
Rosa van Zyl was die topkandidaat onder die seniors en Anze Gildenhuys by die juniors.
Hendrik van Zyl, Llewellyn Maree, Cole Basson, Aiden Geringer, Jordan Sefoor, Uys Marais, Anze Gildenhuys, Bea Botha, Minke Keyser, Irmari Oosthuizen, Sarise Oosthuizen, Rosa van Zyl, Emmari Gildenhuys, Ansua Du Buisson, Anessa Barnard en Cara Hinze is die leerders wat deelgeneem het.
OUD-ONDERWYSER MET TOEKENNING VEREER
Me. Tjitske Beyers, oud-onderwyser van Hoërskool Langenhoven, is deur Eden en Sentraal Karoo vir haar uitnemende prestasie in Wiskundige Geletterdheid, vereer.
Me. Beyers, wat vir 20 jaar deel van die skool was, het vir die afgelope 8 jaar ‘n 98.78% slaagsyfer in graad 12 en 77 A-simblole, behaal.
Die skool is baie trots op hierdie uitnemende prestasie en wens me. Beyers hartlik geluk!
Sy was vir 20 jaar ‘n ware staatmaker en die skool wens haar ‘n geseënde aftrede toe.
BESIGHEIDSTUDIES OLIMPIADE
Zanri Jenkinson in graad 11 het deelgeneem aan die Provinsiale Besigheidstudies Olimpiade. Sy presteer baie goed en eindig 5de in die provinsie.
- BUITE-KURRIKULÊRE BEDRYWIGHEDE
“Wat jy met geesdrif doen, doen jy sonder moeite.”
Watter voorreg was dit nie om na 2 jaar van geen buitemuurse aktiwiteite as gevolg van COVID-19 weer aan buitemuurse aktiwiteite te kon deelneem nie. Vir sy skoolgrootte grens Hoërskool Langenhoven se buitemuurse program aan die “oorvol” kant. Die tyd en energie wat aan hierdie komponent van die opvoedingsprogram gewy word, is egter die moeite werd. Daar is voldoende bewys dat talle leerders se totale mensontwikkeling onberekenbaar gebaat het deur ook deel te neem aan die nie-akademiese program. Nie alleen word hulle lewensuitkyk verruim nie, maar hulle word ook toegerus met vaardighede wat ’n lewenslange bate is.
3.1 SPORT
“Alles gaan nie oor punte, proewe of profyt nie. Dit gaan oor ingesteldheid, geesdrif en ywer.” Inge van Niekerk
3.1.1 ATLETIEK
Die skool het op Donderdag, 27 Januarie 2022, die atletiekseisoen met ‘n opwindende kleure-atletiekbyeenkoms begin. Die dag het gepaard gegaan met oorverdowende sang, veelkleurige uitrustings, lekker eetgoed… en natuurlik ook puik atletiekprestasies.
‘n Totaal van 385-leerders het vir die byeenkoms ingeskryf. Daar is 26-leerders wat meer as 600 ASA-punte behaal het en ‘n atletiekbalkie ontvang.
Die beste prestasie is deur Danville Willemse behaal. Hy het rekords in die 1500m en 800m vir Seuns O/15 laat spat. Addison Gillespie het ook ‘n rekord verbeter in die 400m Dogters O/14 en Chadwin September in hoogspring Seuns O/14. Lee-Ann Matthee het die meeste punte verdien in gewigstoot Dogters O/17 met 794 punte.
Die Senior Victor Ludorum is Lambert Johnson en die Senior Victrix Ludorum is Lee-Ann Matthee. Die Junior Victor Ludorum is Wald Pretorius en die Junior Victrix Ludorum is Liandri Gemürr.
Die ywerige geelspan het die beker huis toe geneem vir die span wat die meeste punte aangeteken het en die groenspan het die geesbeker verower.
ATLETIEK SA KAMPIOENSKAPPE
Mienke Doubell, ‘n graad 12-leerder, Jo-Waine Bush en Danville Willemse, albei graad 9-leerders, het hulle Wes-Kaap kleure vir atletiek behaal.
Mienke Doubell – diskus
Jo-Waine Bush – 400m
Danville Willemse – 3000m
ATLETIEK SA KLUBKAMPIOENSKAPPE
Danville Willemse en Jo-Waine Bush het vanaf 25 – 28 Maart 2022, aan die Atletiek SA Klubkampioenskappe te Potchefstroom deelgeneem, en mooi presteer.
Danville Willemse het ‘n vyfde plek in die 3000m seuns O/16 behaal en Jo-Waine Bush ‘n agste plek in die 400m seuns O/16. Hierdie is puik prestasies aangesien hierdie Dasse teen die beste in die land meeding.
3.1.2 E- SPORT
Hoërskool Langenhoven is bekend daarvoor om aan elke leerder se verskillende belangstellings en behoeftes te voorsien.
Die Dasse is ook altyd reg vir innoverende aktiwiteite. Die skool bied vanjaar E-sport, as een van die vele sportsoorte, aan. Mnr. Abrie Cronje (adjunkhoof), het hierdie nuwe sportsoort van stapel gestuur.
Die volgende leerders vorm deel van die skool se heel eerste E-sport span: Marlo Scholtz, Arissa Cronje, Sebastiaan Victor, Maximus Geldenhuys, Ely Odendaal, Arlo Viljoen, Ruan Doman en Rian Human.
3.1.3 GHOLF
Elvern Appollis, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Langenhoven, is in die Suid-Kaap O/15-gholfspan opgeneem.
3.1.4 OKAVANGO VASBYT
Mialize Wessels, ‘n graad 11-leerder, het die groot voorreg gehad, om vanaf 3 – 17 Desember 2021, die Okavango vasbyt vir meisies te doen en te slaag. Hulle het by Klein-Kariba begin en die pad opgewerk van een kampterrein na die volgende tot in Botswana. Die groep het van Botswana na Zimbabwe vertrek en toe na Zambië en by Vic Falls geïndig.
3.1.5 VISVANG
Carl Muller, Celena van Zyl en Stian Barnard het aan die Wes-Kaap Skole Kushengel Skole Liga deelgeneem en uitstekend presteer.
Celena van Zyl en Stian Barnard is vir die Wes-Kaap O/16-skolespan gekies, wat in Januarie 2023, aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem.
Carl Muller het die meeste vis tydens die liga gevang. Hy neem O/17 deel en daar is ongelukkig slegs ‘n O/16-span gekies.
3.1.6 JAGGEWEERSKIET
Anke Kemp, ‘n graad 12-leerder, is die vyfde beste skut in Suid-Afrika, in die junior-afdeling.
Hierdie Das is ook in die Edenspan vir jaggeweerskiet opgeneem.
Marco Marx, ‘n graad 12-leerder, is die beste skut in Suid-Afrika, in die junior-afdeling.
Hy het aan Eden se Junior Safari Outdoor Cape Town 2022 Open Championship’s Clay Pigeon Adventures, te Somerset West deelgeneem en puik presteer. Die Juniors het skoonskip gemaak en die wisseltrofee huis toe gebring.
Anke Kemp en Marco Marx het vanaf 6-7 Mei 2022, aan die SA-jaggeweerkampioenskappe te Louvain deelgeneem, en puik presteer. Beide hierdie Dasse is in die Suid-Afrikaanse junior jaggeweerskietspan opgeneem. Marco het algeheel eerste in die junior-afdeling geëindig.
Anke Kemp het op Saterdag, 17 September 2022, aan die SA top 50-skietkompetisie te Louvain deelgeneem en puik presteer. Anke het in die junior Edenspan teen Namibië kompeteer en ‘n eerste plek behaal. Sy het ook individueel tweede plekke in die junior-afdeling, asook in die silwerklas, behaal.
3.1.7 MUURBAL
Esteban D’Emiljo, ‘n graad 10-leerder en Anze Gildenhuys, ‘n graad 8-leerder, is na afloop van die SA Plattelandse-muurbaltoernooi in die SA Plattelandse-muurbalspan opgeneem.
Hierdie Dasse het vanaf 29 April – 2 Mei 2022 die Edenspan by die toernooi te Bloemfontein, verteenwoordig.
Esteban het in die ouderdomsgroep seuns O/16 gespeel en het ses van sy sewe wedstryde gewen. Sy O/16-span het ook die toernooi in hulle ouderdomsgroep, gewen. Hy is uit 32 seuns as no. 5 gekies.
Anze Gildenhuys het in die ouderdomsgroep dogters O/14 gespeel en vier van haar ses wedstryde gewen. Sy is uit 21 dogters as no. 4 gekies.
Anze Gildenhuys het vanaf 25 – 28 Julie 2022, SA Platteland se o/14-meisiespan tydens die interprovinsiale toernooi in Potchefstroom verteenwoordig. Die SA Plattelandspan het bo aan die punteleer geeïndig met 115 punte in totaal, die span wat tweede gekom het was Johannesburg gevolg deur KwaZulu Natal. Anze was die enigste Eden-dogter in die span en het nommer vier gespeel. Die ander drie dogters (nommer een, twee en drie) is uit die Vrystaat. Almal het sewe wedstryde gespeel, en Anze het al sewe haar wedstryde gewen.
Esteban D’Emiljo het in dieselfde tyd SA Platteland se O/16-seunspan in Pretoria verteenwoordig. Esteban speel ses wedstryde en wen almal. Hy speel teen KwaZulu-Natal, WP, Boland, Gauteng Noord, Johannesburg en Zimbabwe. Sy span wen hulle afdeling van die toernooi en verwerf daarmee die goue medalje.
Jonathan Abrahams, ‘n algemene werker van Hoërskool Langenhoven en muurbalafrigter, het agt leerders in die verskeie Eden-spanne, sewe van hulle is in die SA Plattelandse-span opgeneem en een is as reserwe gekies. Hierdie is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie!
3.1.8 TOUTREK
Die skool is baie trots op Maretia Human en Lizette Tesner, albei graad 10-leerders, wat Eden-kleure vir toutrek verwerf het.
Lizette Tesner het aan die Toutrek Wêreldkampioenskappe van 15 – 16 September 2022 in Nederland, Holten, deelgeneem. Sy was deel van die SA 520 kg-gemengde span wat aan die ope-afdeling deelgeneem het.
Daar is 19 lande wat teen mekaar kompeteer waarvan 28-spanne van Suid-Afrika was.
3.1.9 PERDRY
Ané Louw, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven, het vanaf 18 – 21 Maart 2022, aan die Wes-Kaap Junior Show Jumping Championships deelgeneem en mooi presteer. Sy is as die Victrix Ludorum in haar klas aangewys en het twee eerste plekke behaal. Sy het ook haar klas Championship, gewen.
Korine Joubert, ‘n graad 10-leerder, het pragtig tydens die SA Saalperdkampioenskappe wat vanaf 25 – 30 April 2022, te Bloemfontein plaasgevind het, presteer. Hierdie Das het ‘n vierde plek in die 3-gang Plesierperd SA Grootkampioenskap, vertoon deur ‘n kind, behaal.
Korine Joubert word ook in die Wes-Kaap 3-gang “Saddle Seat” span opgeneem wat in 2023 aan die Nasionale Proewe sal deelneem.
3.1.10 JEUGSKOU
Ansua Du Buisson, ‘n graad 9-leerder en Marlee Odendaal, ‘n graad 8-leerder, het op Saterdag, 2 April 2022, aan die Wes-Kaap Jeugskoukampioenskappe te Clanwilliam deelgeneem en puik presteer.
Ansua het aan die vleisbees senior en Marlee aan die vleisbees junior kategorie deelgeneem. Beide hierdie Dasse het ‘n silwermedalje ontvang en is in die WP-span ingesluit wat in Oktober aan die SA-kampioenskappe te Lichtenburg gaan deelneem.
Ansua Du Buisson, Marlee Odendaal en Danike Nel, het vanaf 29 September – 1 Oktober 2022, tydens NAMPO Kaap aan die Overberg Streeksjeugskou te Bredasdorp deelgeneem en pragtig presteer. Ansua het in die kategorie Senior Vleisbees ‘n tweede plek en Marlee ‘n derde plek, behaal. Danike het in die kategorie Senior Angorabok ‘n derde plek behaal.
3.1.11 SKAAK
Vier van die skool se skaakspelers is na afloop van die skaakproewe in die Eden-span opgeneem.
Bernicia Adams en Zuraida Prins is in die O/18-span ingesluit en Malcolm Steyn en Jade Adams is in die O/15-span.
Hoërskool Langenhoven se O/15-skaakspan het puik tydens Hessequa Topskole, presteer.
Die Dasse het in die eerste rondte 5 uit 6 wedstryde gewen en in die tweede rondte 4 uit 6.
Die O/15’s was die beste vir die dag.
3.1.12 NETBAL
9 van Hoërskool Langenhoven se netbaldogters is in verskillende ouderdomsgroepe, in die Eden-spanne, opgeneem.
O/15
Kay-Leigh Saayman
Chimei Lötter
Shanice Jansen
Emey van den Berg
Sue-Cashia Pyck
O/16
Elri Wait
Khiara Hans
O/17
Leigh Petersen
O/18
Suné Basson
Lynette Gerber, afrigter van die skool se eerste netbalspan, het die O/18-Eden-span tydens Eden se Interdistrikte-toernooi wat vanaf 14 – 16 Julie te Wellington plaasgevind het, afgerig. Haar span het ‘n silwermedalje gewen. Suné Basson, ‘n graad 12-leerder, was onderkaptein van hierdie span.
Angenique Abrahams is gekies vir die Wes-Kaap 0/18 Oaks-span wat aan die Netbal Suid-Afrika se Junior TNL Toernooi in Witbank/Emalahleni, vanaf 10-15 Julie deelneemgeneem het. Hierdie span het ook vierde in die toernooi geëindig.
Mev. Petrusa Marais (Toerisme-onderwyser van Hoërskool Langenhoven en netbalorganiseerder), is uit talle aansoeke gekeur om by die Netbal Suid-Afrika se Junior TNL Toernooi, in die O/17- en O/18-ouderdomsgroepe, as skeidsregter op te tree. Hierdie toernooi het vanaf 10-15 Julie in Emalahleni plaasgevind.
3.1.13 HOKKIE
Loumé Stegmann, ‘n graad 11-leerder is in die O/18A-Eden-span vir hokkie opgeneem. Sy neem aan ‘n interprovinsiale toernooi vanaf 26 Junie – 1 Jullie in Stellenbosch deel.
Leanmari Stegmann, ‘n graad 12-leerder, is ‘n nie-reisende reserwe vir die O/18A-span.
3.1.14 GIMNASTIEK
Anke Gildenhuys en Anne-Mé Louw, graad 10-leerders, het uitstekend tydens die streekskompetisie in ritmiese gimnastiek, wat op Saterdag, 30 April 2022 te Paarl plaasgevind het, presteer. Dié danskompetisie het tussen Eden, Wynland en die Weskus plaasgevind. Anke het het op vlak ses deelgeneem en twee goue medaljes verwerf, sy kry ook algeheel ‘n goud. Anne-Mé Louw het op vlak nege deelgeneem en ‘n silwer- en bronsmedalje verwerf. Sy kry brons algeheel.
Vier van Hoërskool Langenhoven se gimnaste het op Saterdag, 6 Augustus 2022, puik tydens die Eden-proewe, presteer. Hierdie talentvolle Dassies verwerf almal hulle Eden-kleure vir ritmiese gimnastiek.
Anke Gildenhuys het op vlak 6 deelgeneem, Nika Oosthuizen op vlak sewe en Anne-Mé Louw op vlak nege. Al drie hierdie Dasse verwerf ‘n goue medalje. Zoë Heenop het op vlak 10 deelgeneem en verwerf ‘n silwermedalje.
Anke Gildenhuys en Zoë Heenop het vanaf 1 – 4 Oktober aan die SA-kampioenskappe vir ritmiese gimnastiek in Pretoria deelgeneem en mooi presteer.
Zoë Heenop het op vlak 10 deelgeneem en eindig onder die top 20 in die land in haar ouderdomsgroep. Anke Gildenhuys het op vlak 6 deelgeneem en eindig derde in die land.
3.1.15 KARATE
CJ van der Walt, ‘n graad 8-leerder en Carla Scholtz, ‘n graad 9-leerder, het die vakansie aan die Nasionale Karatekampioenskappe deelgeneem en mooi presteer. CJ het een goud, twee silwer en ‘n bronsmedalje gewen. Carla het een silwer en twee bronsmedaljes gewen.
3.1.16 LANDLOOP
Addison Gillespie, ‘n graad 8-leerder en Jordan-Lee Pietersen, ‘n graad 9-leerder, is in die Eden-landloopspan opgeneem. Hierdie twee Dasse het Eden op Saterdag, 27 Augustus te George, by die Wes-Kaapkampioenskappe verteenwoordig.
Danville Willemse, ‘n graad 9-leerder, Jordan-Lee Pietersen en Addison Gillespie, is in die ASWD-landloopspan opgeneem. Hierdie leerders neem vanaf 16 – 17 September 2022 aan die SA-kampioenskappe in Rustenburg deel.
Jordan-Lee Pietersen is in die Wes-Kaapspan vir landloop opgeneem en hy het 29 – 31 September 2022 aan die Skole SA Kampioenskappe te Oos-Londen, deelgeneem.
3.1.17 INTERSKOLE
Hoërskool Langenhoven het die eerste Interskole teen Hoërskool Montana op 20 Augustus 2022 gespeel.
Dit was ‘n baie geseënde dag vir Hoërskool Langenhoven, hier volg die uitslae:
Hokkie |
Uitslag |
Telling |
0/19A Dogters |
WEN |
5-0 |
0/19B Dogters |
WEN |
4-0 |
0/16A Dogters |
WEN |
6-0 |
0/14A Dogters |
WEN |
8-0 |
0/19 Seuns |
WEN |
1-0 |
0/16 Seuns |
VERLOOR |
2-1 |
Netbal |
Uitslag |
Telling |
0/18 A |
WEN |
35-19 |
0/18 B |
WEN |
35-6 |
0/18 C |
WEN |
18-7 |
0/17 A |
WEN |
19-0 |
0/16 A |
WEN |
31-5 |
0/16 B |
WEN |
25-2 |
0/15 A |
WEN |
42-9 |
0/15 B |
WEN |
31-1 |
0/15 C |
WEN |
16-4 |
0/14 A |
WEN |
27-6 |
0/14 B |
WEN |
27-3 |
0/14 C |
WEN |
37-1 |
Rugby |
Uitslag |
Telling |
0/19 A |
WEN |
29-26 |
0/16 A |
VERLOOR |
18-24 |
0/15 A |
WEN |
17-10 |
SKAAK |
Uitslag |
Telling |
A-Span |
WEN |
3,5-2,5 |
B-Span |
WEN |
4-2 |
Redenaars |
Uitslag |
Telling |
Senior Span |
WEN |
81,2-73,8 |
Vasvra |
Uitslag |
Telling |
Seuns |
WEN |
62-56 |
Dogters |
WEN |
115-67 |
Gholf |
Uitslag |
Telling |
1st Span |
WEN |
5-1 |
3.1.18 SEWESRUGBY
Die skool se O/15-sewesspan, het die naweek van 10 September, aan die nasionale Frogfoot sewestoernooi te Outeniqua deelgeneem, en die plaat-afdeling gewen.
Die tellings lyk as volg:
Verloor teen Framesby 43-0
Verloor teen HS Bellville 17-12
Wen teen York High 29-12
Verloor teen Montagu 12-14
Wen teen York High 46-0
Wen teen HS Melkbosstrand 17-0
Die skool het ’n baie goeie sportjaar beleef. Aan elke leerder wat met entoesiasme en toewyding geoefen en gekompeteer het, baie dankie – ook aan elke ouer wat teenwoordig was langs die sportvelde, aangemoedig en ondersteun het. Die waarde van ouers se betrokkenheid by hul kinders se sport kan nie gering geskat word nie.
3.2 KULTUUR
“Musiek is die tregter waarmee God die evangelie in ons harte stort” Johan Sebastian Bach
3.2.1 NASIONALE TONEELKOMPETISIE
Emmari Gildenhuys, ‘n graad 11-leerder, het as deel van die top 85 in die land, wat van 19 – 21 Mei 2022, aan die ATKV-Toneelspelkompetisie in die Kunstekaap (Artscape), gaan deelneem.
Hierdie talentvolle Das moes ‘n monoloog, gedig en improvisasie item lewer. Die beoordelaars is bekende televisie-, radio- en dramapersoonlikhede.
3.2.2 DEBAT
Een van die skool se senior debatspanne het tot die semi-finale rondte van die ATKV se debatskompetisie deurgedring. Paula-Mari Streicher en Jorica Pieters, beide graad 12 leerders, het in die derde plek geëindig en het die skool by Buffelspoort in Rustenburg gaan verteenwoordig.
3.2.3 REDENAARS
Radikale Redenaars
Romé van Druten, ‘n graad 11-leerder, het uitstekend tydens die ATKV se Podiumpret en Radikale Redenaars, presteer. Romé behaal ‘n ongelooflike 95% vir Podiumpret en ‘n A+ vir Radikale Redenaars. Podiumpret het te Worcester voor ‘n gehoor en beoordelaars plaasgevind en die Radikale Redenaars was digitaal. Beide was voorbereide toesprake.
ATKV landswyd
Drie van die skool se redenaars is na afloop van die eerste rondte deur na die semi-finale van die ATKV se landswye kompetisie. Romé van Druten – (Gr 10 – 12 Voorbereid), Emmari Gildenhuys en Bea Botha –(Gr 10 – 12 Onvoorbereid).
Tydens die semi-finale rondte van die ATKV se Landswye Redenaarskompetisie wys die Dasse hul staal. Die geleentheid het op Saterdag, 28 Mei te Port Elizabeth plaasgevind. Emmari Gildenhuys neem in die afdeing Gr. 10 – 12 Huistaal Onvoorbereid deel. Hier behaal sy ‘n welverdiende tweede plek. Romé van Druten neem voorbereid deel en behaal ‘n derde posisie.
3.2.4 DANS
Mariné Stander, ‘n graad 9-leerder, het vanaf 21 – 24 April 2022, aan die SA-danskompetisie, Battle of the Giants, in Johannesburg deelgeneem en mooi presteer. Hierdie danser en haar groep het ‘n tweede plek in die kategorie 13 – 16 jaar Championship Jazz Formation, behaal en ‘n silwermedalje verwerf.
3.2.5 DRAMA
Henrico Muller, ‘n graad 10-leerder, is deel van die Speeltoneel kortfilm-projek, saam met ABS Produksies. Hierdie Das is uit duisende deelnemers gekies om ‘n vier maande kursus saam met akteurs soos Desiré Gardner, Viljé Maritz en Izak Davel te doen.
Hy het in Augustus in ‘n kortfilm (Danshart) opgetree wat in 2023 op kykNET en VIA uitgesaai word. Die skool is baie trots op jou Henrico, en sien uit om jou op televisie te sien!
3.2.6 KOOR
Baie geluk aan die skoolkoor, wat tydens die plaaslike Eisteddfod, ‘n pragtige 85% gemiddeld behaal het. Duisendedankies aan me. Christelle Gildenhuys vir die afrigting en me. Marizél Le Roux, vir die speel van die klavier.
3.2.7 EISTEDDFOD
Die Dasse het puik tydens plaaslike Eisteddfod presteer.
Die leerders het verskeidenheid goue diplomas in al die kategorieë behaal. Die skool is baie trots op ELKEEN wat deelgeneem het en baie hard gewerk het.
MUSIEK
Rivkah van der Merwe, Edhel van der Merwe, Isabel Coetzee, Jané Wessels, Mialize Wessels, Anessa Barnard, Leonel Scholtz, Cara Serfontein, Emmari Gildenhuys, Deana van Tonder, Joh-Leigh Abrahams en Romé van Druten.
DRAMA
Celné van der Heyde, Hansie Beukes, Jan-Hendrik van Dyk, Karla Engelbrecht, Minke du Plessis, Megan van der Spuy, René Small, Emmari Gildenhuys, Mieke van den Berg, Ve-nesia du Toit en Romé van Druten.
SKRYF & KUNS
Zanél Meyer, Cara Serfontein, Isabel Coetzee, Georgina Thornley, Zoë Lourens, Carla Scholtz, Dechéchai Frans, Minke du Plessis, Irmari Oosthuizen, Kay-Leigh Saayman en Leonel Scholtz.
DANS
Deana van Tonder, Mieke Swart, Henrico Muller, Anze Gildenhuys, Anne-Mé Louw, Joy Pieterse, Keisha Smith, Zoë Heenop, Nadine Hendriks en Charoné Rossouw.
Die volgende Dasse het uitstekend tydens die jaarlikse Eisteddfod presteer en almal 90% en hoër behaal.
René Small (dialoog dogters gr.9), Hilé du Plessis (100% vir kunswerk – privaatinskrywing ), Romé van Druten (gedigte dogters gr.11), Georgina Thornley (beste kunswerk in HS Langenhoven), Karla Engelbrecht (dialoog dogters gr.9), Emmari Gildenhuys (gedramatiseerde prosa dogters gr.11), Paula-Mari Streicher (dialoog dogters gr 12), Irene Windvogel (monoloog dogters gr.12) en Jorica Pieters (dialoog dogters gr.12). Romé van Druten het ‘n beker vir algehele beste prestasie vir ‘n hoërskooldogters tydens Ratem Eisteddfod 2022, ontvang.
SACOPA
Romé van Druten, ‘n graad 11-leerder, het puik tydens die SACOPA (South Africa Championships of Performing Arts) se uitdunne, presteer.
Hierdie talentvolle Das het 87% vir haar monoloog behaal, 87.5% vir modelwerk en 85% vir haar sang. Dié uitdunne is landswyd gehou en die toppresteerders tydens hierdie kampioenskappe is uitgenooi om aan die nasionale kompetisie te gaan deelneem.
Romé se uitstekende prestasies het haar ‘n plek in die nasionale SACOPA, wat vanaf 30 September – 9 Oktober 2022 in Rustenburg plaasgevind het, verseker.
Romé verwerf tydens hierdie kompetisie ‘n bronsmedalje vir “spokesmodel” en wen die drama komiese-afdeling. Hiervoor kry sy ‘n goue medalje en omdat haar punte bo 90 was, is sy ook ingesluit in Team SA 2023 wat Los Angeles toe gaan.
MUSIEK
Romé het ook 85% vir haar gr 4 Unisa sang-eksamen behaal en slaag met lof.
3.3 SOSIAAL
“Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie.” Prediker 11:9
3.3.1 DEURNAG
Hoërskool Langenhoven het op Donderdag, 10 Februarie 2022, sy jaarlikse Deurnag gehou.
Dis ‘n heerlike tradisie van die skool waar al die leerders in die skool gebou toegesluit word vir die hele aand. Leerders word heel aand besig gehou met verskeie aktiwiteite. Dis ‘n baie lekker aand en ‘n goeie manier om die GEES vir die jaar reg te kry.
Baie dankie aan die OOV en personeel wat die aand vir die leerders moontlik maak.
3.3.2 MNR & MEJ LANGENHOVEN
Die skool is baie trots op elkeen wat deelgeneem het. Die aand was ‘n reuse sukses.
Baie geluk aan die volgende leerders:
MEJ LANGENHOVEN |
1STE PRINSES MEJ LANGENHOVEN |
2DE PRINSES MEJ LANGENHOVEN |
MNR LANGENHOVEN |
1STE PRINS |
2DE PRINS |
MEJ JUNIOR |
1STE PRINSES MEJ JUNIOR |
2DE PRINSES MEJ JUNIOR |
MNR JUNIOR |
1STE PRINS MNR JUNIOR |
2DE PRINS MNR JUNIOR |
GLANSAAND GUNSTELINGE |
MEESTE BORGE INGESAMEL |
GLANSAAND DEBUTANT (MEESTE KAARTJIES VERKOOP) |
MNR FOTOGENIES (SENIOR) |
MEJ FOTOGENIES (SENIOR) |
MNR FOTOGENIES (JUNIOR) |
MEJ FOTOGENIES (JUNIOR) |
MNR PERSOONLIKHEID (SENIOR) |
MEJ PERSOONLIKHEID (SENIOR) |
MNR PERSOONLIKHEID (JUNIOR) |
MEJ PERSOONLIKHEID (JUNIOR) |
3.3.4 SNR EN JNR BAL
Op 20 en 21 April 2022 is die senior- en juniorbal onderskeidelik in die skoolsaal gehou. Dis ‘n heerlike geleentheid wat vir die leerders gebied word om mooi aan te trek en lekker te eet en dans.
3.3.5 GEESWEEK
Laaste week van die 2de kwartaal is die eerste GEESWEEK by Hoërskool Langenhoven gehou. In die week het ons verskeie aktiwiteite aangebied om die leerders te motiveer na twee rowwe kwartale. Die volgende aktiwiteite is aangebied:
- Toiletpapier-resies
- Talent kompetisie
- Flink dink
- Potjiekos en boeresportdag
Die was ‘n baie lekker week en die week het die potensiaal om nog verder te kan groei.
3.3.6 MATRIEKAFSKEID
Hoërskool Langenhoven het op, 24 September 2022, sy jaarlikse Matriekafskeid gehou. Die aand was mooi en is deur beide leerders en personeel geniet. Dit was ‘n voorreg om na COVID-19 weer ‘n behoorlike matriekafkeid vir ons matrieks te kon aanbied.
3.4 GEMEENSKAPDIENS
“Die eenvoudigste goeie daad is beter as die edelste goeie voorneme.” Marthe Barmenthlo
3.4.1 CARS (Community Animal Rescue)
Hoërskool Langenhoven het op Woensdag, 23 Maart 2022, geld aan CARS (Community Animal Rescue) geskenk.
Die skool het op Vrydag, 18 Maart 2022, Tweelingdag gehou en elke leerder het R5 skool toe gebring om aan die dag deel te neem. Die skool het besluit om hulle harte vir CARS oop te maak en die geld aan dié organisasie te skenk.
CARS is ‘n nie-winsgewende organisasie. Hulle visie is om katte en honde te steriliseer, om inentings te doen en loop van huis tot huis om te sien waar hul behoeftige diere en mense kan help. Hulle leer ook die gemeenskap hoe om mooi na ‘n dier om te sien. Die organisasie kry befondsing deur donasies van die gemeenskap en deur ‘n fooi wat mense betaal as diere aangeneem word.
3.4.2 PROJEK WINTERHOOP
Nienke du Plooy, ‘n graad 11 leerder, het besluit om ‘n projek te loods om Riversdal ACVV behulpsaam te wees.
Sy het drie weke items insamel om minderbevoorregte persone in die wintertyd by te staan. Persone het die volgende items geskenk: komberse; nie-bederfbare produkte; speelgoed; klere en toiletware. Die skenkings het ‘n verskil in die gemeenskap gemaak.
3.4.3 LEERLINGRAAD MAAK HULLE HARTE OOP
Die skool se leerlingraad het op Dinsdag, 17 Mei 2022 hulle harte vir Riversdal ACVV oopgemaak, deur gebreide mussies en beertjies te skenk.
3.4.4 DASSE ONDERSTEUN KANSA
Die skool se leerders het geleentheid gekry om Kansa op 18 Augustus te ondersteun. Hul het R5 betaal om gewone klere aan te trek, of R15 vir gewone klere én hulle hare te kleur.
Al die geld wat ingesamel is, word vir Kansa geskenk.
- SKOOLKOSHUIS: HUIS CJ PAUW
Dit gaan goed met die koshuis en die getalle het mooi stabiel deur die jaar gebly. Die verwagting is egter dat die koshuis volgende jaar baie vol gaan wees. Ouers sal dus vroegtydig vir 2023 vir hulle kinders aansoek moet doen. Aansoeke sluit aan die einde van November 2022. Ook diegene wat vanjaar inwoning ontvang het, moet vir die komende jaar aansoek doen. Baie dankie aan alle personeel vir hul toewyding met die versorging van ons leerders.
Die volgende leerders het die afgelope jaar as koshuisprefekte opgetree en hulle baie goed van hul taak gekwyt:
Jorica Pieters (hoofleier), Mienke Doubell, Natatia Erasmus, Leanmari Stegmann, Madré Davids, Wena Pienaar, Paula-Mari Streicher, Petra Crafford, Mieke van den Berg en Loumé Stegmann.
Heinz Meintjes(hoofleier), Marco Marx, Christiaan Engelbrecht, Willneathan Baily, Benjamin Esterhuizen en Dawid van der Bank.
- OUERBETROKKENHEID
“Om ander te lei verg moed
Om te weet wat die regte besluit is, is gewoonlik maklik
Om die regte besluit te neem is moeilik.” John C Maxwell
5.1 BEHEERLIGGAAM
Die Beheerliggaam is soos volg saamgestel:
Ouers: Mnr A van den Berg (Voorsitter)
Mnr F Myburg (Onder-Voorsitter)
Mev J Serfontein (Tesourier)
Mev A Coetzer (Sekretaresse)
Ds T Conradie
Mev C Gildenhuys
Dr T Louw
Mev N du Plooy
Gekoöpteerde lede vir 2022: Mnr F Sefoor
Mev M van Vuuren
Opvoerders: Mnr A Cronje
Mnr R van Schalkwyk
Mnr H de Beer(Gekoöpteer)
Nie-opvoederslid: Mev A Coetzer
Leerders: Madré David
Fayden Sefoor
Skoolhoof: Mnr H Smith
Hoërskool Langenhoven is bevoorreg om oor ’n Beheerliggaam te beskik wat hul taak met toewyding verrig. Aan elke lid van die Beheerliggaam ’n baie groot dankie vir uitstekende en hoogs professionele dienste verrig in belang van ons skool. ’n Spesiale woord van dank aan die voorsitter, Mnr Adohan van den Berg, vir die ure wat hy opoffer in belang van die skool. Sy kundigheid, toewyding en passie vir ons skool is merkwaardig.
5.2 OUER-ONDERWYSERSVERENIGING
“Dit is nie die taak wat die waarde bepaal nie, maar eerder die hart van die persoon wat die taak aanpas en uitvoer.” Jean Flemming
Die volgende ouers dien op die bestuur van hierdie onmisbare vereniging.
Voorsitter – Chantel Wilken
Onder-voorsitter – Nicolene du Plooy
Personeel – Katinka Fox
Baie dankie aan elke bestuurslid en ander ouers wat saamgewerk het om alle funksies en sportdae ‘n groot sukses te maak. Die deurnag en die fliekaand was die hoogtepunt van die jaar. Meer funksies word weer vir die jaar 2023 beplan.
5.3 ONDERSTEUNERSKLUB
“Een van die beste doelwitte vir jou lewe is om dade te doen waarvan die gevolge jou sal oorlewe.” William James
Die Ondersteunersklub is ’n baie groot bate vir die skool. As gevolg van Covid het die Ondersteunersklub nie gefunksioneer soos wat dit moet nie. In 2023 is die doel om die klub weer op die been te kry en so die skool versterk deur sy Alumni betrokke te kry.
- PERSONEEL
“Doen julle plig in alles. Meer as dit kan julle nie doen. Minder durf julle nie doen nie.”
Robert E Lee
Die opvoederstaak van ons leerders is vanjaar deur die volgende persone behartig:
Smith, H: Skoolhoof, Wiskundige Geletterdheid
Cronje, A: Adjunkhoof, EBW
De Beer, GJ: Departementshoof, Engels Eerste Addisionele Taal
Kloppers, E: Departementshoof, Fisiese Wetenskappe, Natuurwetenskappe
Du Toit, A: Rekeningkunde, Besigheidstudies
Beets, N: Rekenaartoepassingstegnologie
De Beer, MS: Afrikaans Huistaal
Du Plessis, O: Afrikaans Huistaal, Natuurwetenskapp
Botha, N: Engels Eerste Addisionele Taal
Möller, C: Engels Eerste Addisionele Taal
Franklin, P: Sportbestuurder, Tegnologie
Smith, SA: Wiskunde
Cronje, E: Wiskunde
Cronje, W: Wiskunde
Fox, K: Verbruikerstudie
Van der Linde, M: Besigheidstudies, EBW
Marais, P: Toerisme
Schonken, J: Afrikaans Huistaal, Lewensoriëntering
De Jager, L: Wiskundige Geletterdheid
Van Schalkwyk, CJ: IGO
Vosloo, D: Sosiale Wetenskappe, Geografie
Riekert, S: Lewenswetenskappe
Le Roux, M: Skeppende Kuns, Lewensoriëntering
Nieuwoudt, T: Sosiale Wetenskappe
Van Rensburg, E: Afrikaans Huistaal
Suzanne Riekert is tans op bevallingsverlof. Ons weet dat haar dogtertjie hulle gesin groot vreugde verskaf.
Baie dankie aan mev Leandri Streicher wat weer as berader vanjaar by die skool werksaam was. Sy vervul ’n baie groot ondersteunende rol vir die personeel en is ’n steunpilaar vir baie van ons leerders.
’n Spesiale woord van dank aan mnr Abrie Cronje, die skool se adjunkhoof vir sy deeglike, bekwame en lojale ondersteuning. Die skool beskik oor ’n ervare toegewyde personeelkorps. My opregte dank aan elke personeellid. U toewyding word waardeer.
6.2 NIE-AKADEMIESE PERSONEEL
SEKRETARESSE: MEV CHARLENE CRONJE
Daar word baie hoë eise aan mev Cronje ten opsigte van werksdruk, werkslading, administrasie en organisasie, om maar ‘n paar te noem, gestel. Sy hanteer alles op ‘n voortreflike wyse en is ‘n ware staatmaker.
ADMINISTRATIEWE BEAMPTE: MEV ANELDA COETZER
Die vriendelike, akkurate en netjiese wyse waarop mev Coetzer haar werk verrig, is ‘n groot bate vir ons skool.
OPENBARE BETREKKINGE-BEAMPTE: ESTEA VENTER
Mej Venter is ‘n aanwins vir die skool. Haar vriendelikheid en lojaliteit straal uit in alles wat sy doen en sy dra altyd die skool se belange op haar hart.
SKOOLOPSIGTER: MNR CHRISTO FOURIE
Mnr Fourie beklee hierdie pos by die skool. Hy is voorwaar ‘n kundige persoon en ons is bevoorreg om van sy dienste gebruik te maak.
ALGEMENE ASSISTENTE
Mnr Charles Blaauw, Mnr Jonathan Abrahams, Me Diandra Shandt, Me Netta Adams, Me Julianne Hefke en Me Elsabé Berkat is ‘n span soos geen ander. Die toewyding en harde werk van die span is ‘n voorbeeld vir ander. Hulle sorg dat Langenhoven se terrein altyd netjies is en ons ontvang baie komplimente van besoekers.
- LEERDERS
“Jou voorbeeld is nie die belangrikste ding wat mense beïnvloed nie, dit is die enigste.”
Albert Schweitzer
Die leerdergetalle staan tans op 476. Soos uit hierdie verslag blyk, beskik Hoërskool Langenhoven oor puik leerders wat op ‘n verskeidenheid terreine presteer. Die groot aantal leerders wat by die skool se Erkenningsaand vereer word vir besondere prestasies, bevestig hierdie stelling.
Aan al die Dasse wat elke dag hul samewerking gee en deur werkywer en voorbeeldigheid ‘n sieraad vir ons skool is, sê ek graag baie dankie. Julle is ons skool se trots!
Ek wil graag my dank uitspreek teenoor die volgende leerders wat die afgelope jaar as leiers opgetree en voorgevat het:
Graad 12
Fayden Sefoor (hoofseun), Madré Davids(hoofdogter), Christiaan Schabort (onderhoofseun), Willneathan Bailey, Alrique Julies, Jorica Pieters (onderhoofdogter), Angelique Abrahams, Gas-Leigh Fillies, Sarise Oosthuizen, Rosa van Zyl.
Graad 11
Benjamin Esterhuizen, Cheslyn Abrahams, Romé van Druten, Emmari Gildenhuys.
Graad 10
Margrette Conradie, Inga Rall, Jordan Sefoor, Erasmus Swarts.
Graad 9
Karla Engelbrecht, Emey van den Berg, Uys Marais, Zaid Hendricks.
Graad 8
Stiaan Meyer, Hope Malgas, Jade West, Hansie Beukes.
Die Verteenwoordigende Raad van leerders en Leerlingraad was die afgelope jaar gemoeid met die volgende:
- Graad 8 verwelkoming en kamp
- Valentynsokkie
- Deurnag
- Mnr en Mej Langenhoven
- Senior Bal
- Junior Bal
- Werwingsbesoeke aan skole
- Lentedag
- Groot Brag en Interskole
- GEESWEEK
’n Spesiale woord van dank aan die Gemeenskapskomitee met hulle uitreik en Dasse-gee-om projekte, wat hulle werk met soveel entoesiasme verrig en soveel harte verbly het.
Ons leerderleiers se bereidwilligheid om altyd goeie diens te lewer, doeltreffend te organiseer, asook roetinesake stip uit te voer, word baie waardeer. Geluk ook aan Fayden Sefoor en Madré Davids vir mooi leiding en goeie voorbeeld.
- ENKELE ANDER FASETTE
8.1 “As jy dink opleiding is duur, dink wat onkunde jou gaan kos.” Derek Bok
Enkele opmerkings uit die onderstaande voorstelling van vanjaar se begroting:
- Die skool het slegs R314 965 van die staat ontvang. Ander inkomstes moet self gegenereer word.
- Sonder die gereelde invordering van onderriggeld kan die skool nie funksioneer nie. Ongelukkig is die betaling van onderriggeld vir baie ouers nie ‘n prioriteit nie.
- Kwaliteitsonderrig sonder Beheerliggaamposte is nie denkbaar nie – daarom die groot bedrae wat aan salarisse bestee word.
- Baie dankie aan dié ouers wat hulle finansiële verpligtinge nakom.
8.2 SKOOLVERBETERINGSPLAN: TERUGVOERING
Die afgelope jaar is daar met die volgende aspekte goeie vordering gemaak:
- Veiligheid: Installering van kameras in alle klaskamers, kameras by alle ingange van die skool.
- Verbetering van die skool se infrastruktuur.
8.3 OPGRADERING VAN SKOOL SE INFRASTRUKTUUR
Die volgende noodsaaklike verbeterings gaan voor die einde van die jaar deur Departement van Werke verrig word:
- Die vervanging van die watertenks by die skool se koshuis.
Projekte in 2022 deur die skool afgehandel:
- Die naam van die skool op die skoolgebou .
- Die plavei van die pad vanaf die skool tot by die koshuishek.
- Die omskep van een van die netbalbane na ‘n “mini Astro” vir Hokkie.
- Die opgradering van ligte by die netbalbane.
- Installering van waaiers en projektors in die saal.
8.4 BORGSKAPPE
Ons bedank graag al die persone wat bereid was om op die skool se advertensieborde te adverteer en so die skool te ondersteun.
LIGBORD – ONDERSTEUNERSKLUB
TELBORDE BY RUGBY-, HOKKIE EN NETBALBANE
DEK RONDOM KLUBHUIS
- OUERBETROKKENHEID: ‘n NOODSAAKLIKHEID VIR SKOLE
“Ouers gaan oor ’n paar jaar die skool hê wat hulle verdien.”
Ouers se verantwoordelikheid teenoor die skool gaan net meer raak en nie minder nie. Die skool besef dat hy vandag nie opgewasse en bekwaam is om al die eise wat aan hom gestel word alleen te hanteer nie. Ouerhuis en skool moet hande vat en sorg dat ons kinders nie in twee opvoedingswêrelde opgroei nie. Ons moet onthou dat opvoeding begin by die ouerhuis en ’n kind wat net op skool opgevoed word, is ’n onopgevoede kind. Daarom moet ouers besef dat skole en onderwysers nie plaasvervangers vir liefdevolle ouerhuise en verantwoordelike ouerskap is nie. Basiese maniere, respek en waardes moet by die ouerhuis ingeskerp word.
Ons wil opnuut ons ouers uitnooi om noue bande met die skool te hê. Raak betrokke by u kind se opvoeding.
Die skool is bekommerd oor ’n groot getal ouers wat nie betrokke is nie. U kan op die volgende maniere betrokke raak by u kind se opvoeding:
- Bywoon van oueraande – veral dié waar u kind se akademiese vordering met die vakonderwysers bespreek kan word.
- Sorg dat u die nuusbrief/Dassedagsê elke week onder oë kry. U gaan dan op hoogte wees van dit wat in die skool gebeur.
- Reageer op skrywes van die skool waar u mening/insette gevra word.
- Woon jaarliks die begrotingsvergadering by en wees so op hoogte van die skool se finansiële verpligtinge en uitdagings.
- Woon waar moontlik die buitemuurse aktiwiteite van die skool by – veral waar u kind betrokke is.
- Bied u hulp aan by die skool se fondsinsamelingspogings.
- Raak deel van die OOV en die skool se ondersteunersklub.
- Bring dit wat u pla/hinder na die kantoor. Die skool se deur staan oop vir u. Saam bereik ons meer!
- ALUMNI
10.1 PERDRY
Anja Joubert, oud-leerder van 2021, is tydens die onlangse Nasionale “Saddle Seat” Protea-proewe in die Senior Proteaspan vir 2022, opgeneem.
Hierdie span gaan vanaf 25-30 Julie 2022, aan ‘n Wêreldbeker in die VSA, deelneem. Die deelnemende lande is Suid-Afrika, VSA, Kanada en Namibie.
10.2 ATLETIEK
Marlé van Wyk (oud-leerder in 2019) en Tinka Fox (oud-leerder in 2020) het pragtig tydens die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Fisies Gestremdes (SASAPD), se Nasionale Kampioenskappe te Germiston, presteer.
Die Kampioenskappe het vanaf 19 – 22 Maart 2022 plaasgevind.
Tinka en Marlé verwerf elkeen ‘n goue-en silwermedalje.
Die skool is baie trots op hierdie oud-leerders se mooi prestasies!
10.3 AKTEUR, SKRYWER EN REGISSEUR
Stephren Saayman, oud-leerder van Hoërskool Langenhoven in 2016, is pas met ‘n kykNET Fiësta as beste opkomende kunstenaar vereer en het dié gesogte toekenning ontvang vir sy spel in die verhoogdrama, Mannetjie, wat verlede jaar by die fees gedebuteer het.
Stephren was vanaf 27 April – 1 Mei by die Suidoosterfees 2022 te Kunstekaap, by twee verhoogstukke, betrokke – as skrywer en regisseur van “Dankie, maar nee dankie” op die NATi Jong Sterre-program, en as mederegisseur van Miss Morris op die NATi Jeugteater-program.
Die Suidoosterfees spog met drie van die vier benoemings in die kategorie waarin Stephren met die louere weggestap het.
Hy het ook sy verskyning op televisie gemaak in ’n reeks geskryf deur Louis Pretorius, genaamd Kompleks, wat op kykNET in 2021, uitgesaai was. Hy het ook sy verskyning in ‘n kykNET dramareeks Dwaalster, gemaak.
Stephren, wat in Kaapstad woon, is baie gedrewe, ywerig en entoesiasties oor die toekoms en sy groot droom is om dit wat hy geleer het, met ander te deel en in die gemeenskap terug te ploeg.
Die skool is regtig baie trots op hierdie uitmuntende prestasies, en wens jou alle sterkte met die toekoms! Ons sien uit om nog baie van jou te hoor!
10.4 NETBAL
Vandat die skool verlede jaar Oktober met Lefébre Rademan, (oud-leerder in 2014 en Protea-netbalspeler) gesels het, het nog drome van hierdie trotse-Das waar geword.
Lefébre het in 2021 genoem dat sy vir ‘n nuwe kontrak wag en dat een van haar doelwitte is om in 2022 die Commonwealth te speel. Beide hierdie drome het in Junie 2022 waar geword en Lefébre is deel van die Commonwealth-groep wat vanjaar in Birmingham, Engeland plaasgevind het.
Volgens Lefébre smag almal al vir só lank om as professionele netbalspelers gesien te word en in Junie is 24 spelers vanaf Junie tot Januarie gekontrakteer, waarvan Lefébre een is. Hierdie kontrakte gee die netbalspelers regtig kans om hulle volle potensiaal te bereik en alles in netbal in te sit. In ander lande word netbal as ‘n beroep gesien en word spelers ‘n salaris betaal, maar in Suid-Afrika was dit nie die geval nie.
Sy is ook na haar debuutseisoen in die Vitality Netball Superleague met die volgende toekennings vereer. Lefébre was vanjaar by die Celtic Dragons in Cardiff, Wallis (VK).
Speler van die seisoen (word deur die afrigters aangewys).
Spelers se speler van die seisoen (word deur die spelers aangewys).
Dragon of the season (afrigters en spelers stem) – Lefébre deel hierdie met twee ander spelers.
Lefébre noem dat sy baie bevoorreg is om deel van hierdie opwindende toekoms van netbal te wees en glo daarin dat harde werk altyd beloon word. Lefébre bedank almal wat nog altyd in haar droom geglo het en die pad saam met haar stap.
Ons as skool is regtig baie, baie trots op jou Lefébre en sien saam met jou uit na die toekoms! Jy is werklik ‘n inspirasie vir die hele gemeenskap.
10.5 SASOL SOLAR CHALLENGE
Pierre Joubert is ‘n oud-Das wat in 2017 matrikuleer het. Hy het B.Ed Meganiese Tegnologie op Potchefstroom studeer en na sy studies ‘n Motorkunde onderwyspos by HTS John Vorster, gekry.
HTS John Vorster het vir die Sasol Solar Challenge, wat elke tweede jaar plaasvind, ingeskryf.
Pierre en sy span is die enigste skolespan wat tot die einde deelgeneem het, aangesien die ander skole onttrek het. Hulle het met ‘n klein bedrag geld en groot borgskappe puik gevaar en die amptelike- en nie-amptelike skolerekord vir aantal kilometers in die gegewe tyd gery, gebreek. Pierre was deel van die tegniese-span. Hy is tans besig met sy honeursgraad in Opvoedkunde en spesialiseer in Tegnologie-Onderwys.
- BEDANKINGS
Ek het reeds vir vele dinge op verskillende terreine dankie gesê, maar betuig ook graag, ten slotte, dank aan die volgende persone en instansies.
- Die Wes-Kaap Onderwysdepartement, Eden Sentrale Karoo Onderwysdistrik, Kringspan van Kring 1 in besonder Mnr du Plessis, die Kringbestuurder vir sy ondersteuning en begrip – u vergemaklik ons taak – baie dankie.
- Die hoofde en personeellede van die plaaslike skole op ons dorp vir die goeie samewerking wat daar bestaan.
- Al die geestelike leiers binne ons gemeenskap vir hul leiding.
- Suid-Kaap Forum en sy medewerkers vir beriggewing oor ons skool.
- Hessequa Munisipaliteit vir hulle hulp en ondersteuning.
- Alle donateurs en adverteerders op verskillende terreine. Skole is afhanklik van hierdie bydraes, want dit maak deure vir ons kinders oop. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr Henk Louwrens van Riversdal Toyota wat vanjaar weer ‘n motor tot die skool se beskikking gestel het.
- Ouers, ondersteuners en vriende van Hoërskool Langenhoven wat deur hul positiewe belangstelling, deelname en bydraes ons opvoedingstaak vergemaklik.
- My vrou en ons drie kinders vir hulle bystand en begrip in die uitvoer van my taak. ‘n Opregte dank.
- Ons Hemelse Vader, wat ons wonderlik begenadig, en van wie ons krag ontvang om ons werk elke dag met ywer te doen.
Dit is vir my ‘n voorreg om aan die hoof van hierdie besondere skool te mag staan. Ons glo dat die Here ons arbeid geseën het en bid dat Hy almal wat aan hierdie skool verbonde is, vorentoe sal seën.
HENCO SMITH
SKOOLHOOF
13 Oktober 2022