KULTUUR

Belgiese uitruilprojek - vind elke tweede jaar plaas.

VCSV, Debat, Koor, Redenaars, Landsdiens, Voortrekkers, Toneel en Drama, Musiek en Leerlingleierskap

Langenhoven Kultuur

Kultuurprestasies

Debat: Beste senior- en junior debatspanne in die Suid-Kaap; 8 leerders verwerf provinsiale kleure in 2019
Redenaars: Beskik in 2019 oor die 5de beste redenaar in die land, nasionale deelname aan ATKV-kompetisie; 5 leerders verwerf provinsiale kleure in 2019
Voortrekkers: 8 Presidentsverkenners die afgelope twee jaar
Landsdiens: 2 Streeksleiers en ‘n Springboktoekenning
Skoolkoor: Behaal 87% tydens die Eisteddfod (100 leerders is hierby betrokke)
Ratem Eisteddfod 2019: 41 Leerders neem aan 75 items deel en verwerf 24 goud+ sertifikate
Musiek: Leerders verskyn jaarliks op Almsa se ererol
Toneel: Leerder eindig onder die top 8 akteurs tydens KykNET se nasionale toneelkompetisie in 2019 en verwerf ‘n rol in ‘n radiodrama op RSA, asook ‘n rol op KykNET se televisieprogram, Suidooster
Kuns: Leerder se kunswerk word gekies om by provinsiale uitstalling in Kaapstad in 2019 ten toon gestel te word
Gr. 8-leerder wen in 2019 KykNET se nasionale spelkompetisie, Op Die Spel

Leierskap – Ontginning en ontwikkeling van leierskapvaardighede.

VCSV

Die skool beskik oor ‘n aktiewe VCSV-tak. Die leerders vergader weekliks om geestelik te verkeer. Daar word ook gereeld kampe bygewoon waar daar geestelike versterking gebied word. Geestelike sprekers en kringleiers lei kleingroepie-aanbiddingsgeleenthede. Die lofprysingsbyeenkomste (“praise and worship”) is beslis van die geestelike hoogtepunte van die kampe!

VCSV Kultuur
Debat Kultuur

Debat

Die skool se debatspanne maak hulle stem dik wanneer daar aan debatskompetisies deelgeneem word. Daar is twee afdelings van die ATKV se Debatskompetisie waarin deelgeneem word. Die graad 8 en 9-leerders neem in die junior afdeling deel en die graad 10 tot 12-leerders neem in die senior afdeling deel. Daar is drie spanlede in die junior spanne en twee spanlede in die senior afdeling. Die Dasse is die afgelope vyf jaar elke jaar SWD-verteenwoordigers teen die OP se uitblinkers

Redenaars

Die Dasse kán praat! Die skool se redenaars presteer gereeld op die hoogste vlak. Die Dasse het jaarliks redenaars wat die streek in die ATKV se Redenaarskompetisie verteenwoordig. Die afgelope paar jaar is daar selfs redenaars wat tot die nasionale eindronde van die ATKV se kompetisie deurgedring het. Die vaardighede wat die leerders in hierdie aktiwiteit opdoen, is vir die res van hulle lewens tot hulle beskikking.

Redenaars Kultuur
Musiek Kultuur

Musiek

Daar is verskeie van die skool se leerders wat baie musikaal is. Alhoewel die skool nie musiek as vak aanbied nie, word die musikale leerders by Laerskool Volschenk geakkommodeer. Die skool se leerders wat baie vaardig is met hulle musiektalent, word met saalbyeenkomste ingespan. Hulle begelei die sang met geestelike liedere, die skoollied en volkslied. Die musiekleerders kry ook geleentheid om hulle talente tydens die jaarlikse Ratem Eisteddfod ten toon te stel.

Scroll to Top