Nuwe Dassies word verwelkom

Die skool het op Maandag, 15 Januarie 2018, 96 baie opgewonde nuwe graad 8-leerders ontvang.
Die graad 8’s het die jaar afgeskop met ‘n opwindende week wat verskillende aktiwiteite soos pret by Korentepoortdam, spookhuis, skattejag, ‘n dag by die swembad, sokkie en ‘n sottekonsert ingesluit het

Lees meer »

Sportsterre word vereer

Die skool het op Donderdag, 12 Oktober 2017 hulle jaarlikse sportdinee in Laerskool Volschenk se skoolsaal gehou gehou.
Dit was inderdaad ‘n glansaand waar daar aan die skool se sportmanne en –vroue erkenning gegee word.

Lees meer »

Dasse hou matriekafskeid

Die skool se matriekafskeid het op Donderdag, 21 September 2017 plaasgevind. Die saal het ‘n sprokiesagtige atmosfeer onder die sterre geskep.
Hiérdie sprokiesaand se tema was “Galaxy”. Die meisies het asemrowend in hul aandrokke gelyk en die manne was deftig en ekstra aantreklik.

Lees meer »

Dasse word vir uitdagende studierigting gekeur

Op die foto verskyn van links Kayla Smith en Lize-Mari Marais van wat keuring vir die gesogte Veeartsenykunde studierigting aan die Universiteit van Pretoria gekry het. Wat hierdie keuring so uitsonderlik maak is dat daar slegs 120 eerstejaars in die land, wat skoliere is

Lees meer »
Leerlingraad 2018

Leerlingraad vir 2018

Die Dasse se nuutverkose Leerlingraad vir 2018 is voor, van links: Stephani Heenop (onderhoofdogter), Radandt Malherbe (hoofseun), Janique Gerber (hoofdogter) en Anru van Schalkwyk (onderhoofseun).

Lees meer »

Dasse se VRL vir 2018

Die skool se nuutverkose Verteenwoordigende Raad van Leerders van elke graad vir 2018 is voor, van links: Ramondo Februarie, Andrie Swart, Radandt Malherbe (hoofseun), Janique Gerber (hoofdogter), Anru van Schalkwyk (

Lees meer »

Dasse-skuts presteer

Lourens van Vuuren, ‘n graad 8-leerder en puik skut het op 6 & 7 Oktober 2017 aan die SA Nasionale Kampioenskappe te Douglas deelgeneem.
Lourens het ‘n bronsmedalje in die O/14-ouderdomsgroep (10m dissipline) verwerf en is dus derde in die land in sy ouderdomsgroep.

Lees meer »
Toppresteerders_2017

2017 se Toppresteerders

Op die foto verskyn die toppresteerders in elke graad na afloop van die Junie-eksamen. Van links: Dorette Bester; graad 12 (94.0%), Radandt Malherbe; graad 11 (89.5%), Willandri Hanekom; graad 10 (93.8%), Nadia Enslin; graad 9 (97.1%) en Jana van den Berg; graad 8 (91.4%).

Lees meer »