DIE SKOOL WAAR ELKEEN IEMAND IS

‘n Skool klein genoeg om persoonlik te wees,
maar groot genoeg om ‘n verskil te maak.

Welkom in Dasseland

Skoolinligting

Personeel

Akademie

DASSE DOEN DINGE!!

Previous slide
Next slide

BORG N BLOKKIE - Astro Turf Hokkieveldprojek!!

Hoërskool Langenhoven, benewens die totale ontwikkeling van ons jeug, beskou die skool as ‘n belangrike vennoot in die hele Riversdalgemeenskap. Die skool wil relevant bly in ‘n veranderende wêreld en daarom het die oprigting van ‘n astroveld noodsaaklik geword. Ons is egter afhanklik van eksterne befondsing. Ons het die bydrae van individue en die sakegemeenskap nodig om alle moontlike geleenthede vir ons leerders daar te stel. Ons wil nie net die hoë standaarde van die verlede handhaaf nie, maar ook verder ontwikkel. Ons vertrou dus dat die hele gemeenskap by bogenoemde projek sal inkoop, ons sal ondersteun en uiteindelik daarby sal baat.
Een van die doelwitte met die oprig van ‘n astro-hokkieveld is om toernooie aan te bied wat ‘n goeie finansiële inspuiting vir die Riversdal sakesentrum tot gevolg kan hê. ‘n Astro-hokkieveld sal die eerste een in die hele Hessequastreek wees. Dit kan daartoe bydra dat Riversdal ‘n gewilde sportbestemming sal wees. Dit sal nie net oor die korttermyn meer voete na die dorp lok nie, maar ook die skool meer aantreklik maak as ‘n voorkeurskool in ons omgewing.
Dit is binne hierdie raamwerk dat ons die vrymoedigheid neem om individue én besighede te nader vir ‘n donasie om hierdie projek moontlik te maak. Die fondsinsamelingsinisiatief vir die eerste fase van die projek, naamlik die bou van die veld, staan bekend as die Koop-‘n-Blokkie-projek.
Daar is 6000 blokkies beskikbaar wat die 6000m² van die veld verteenwoordig. Die koste van elke blokkie is R1000. Elke individu en/of besigheid wat ‘n blokkie koop, se naam verskyn op Hoërskool Langenhoven se webblad. Besoek gerus ons webblad www.langenhovenhs.co.za om die vordering van die projek dop te hou.
Daar is ook unieke bemarkingsgeleenthede op Hoërskool Langenhoven se webblad en ander platforms beskikbaar vir besighede wat meer as vyf blokkies koop. Rig navrae in dié verband aan: estea@langenhovenhs.co.za .
Blokkies kan aangekoop word d.m.v. ‘n elektroniese betaling in die rekening van Hoërskool Langenhoven se Ondersteunersklub, of bloot deur die skakel op die webblad te volg.
Bankbesonderhede is as volg:
Langenhoven Ondersteunersklub. NEDBANK. Tak 153205. Rekening 1626533172.
Verwysing: ASTRO Voorletters en Van.
Stuur asseblief bewys van betaling na finansies@langenhovenhs.co.za
Rig enige navrae per e-pos aan estea@langenhovenhs.co.za of kontak die volgende persone: Estea Venter (Bemarker) by 082 077 4430 of Henco Smith (Skoolhoof) by 076 152 5071.
Hoërskool Langenhoven bedank u by voorbaat vir u ondersteuning met hierdie opwindende projek. Ons glo dat dit vele geleenthede vir ons leerders en die gemeenskap inhou.
Dassegroete


HENCO SMITH
SKOOLHOOF

Gaan na die Borg ‘n Blokkie bladsy en volg die eenvoudige, aangewysde stappe om deel te wees van die projek en jou naam op die blokkie te kry.

Mnr Henco Smith

Hoërskool Langenhoven is “’n skool waar elkeen iemand is.” Ons is nie nét ‘n akademiese-, sport- of ‘n kultuurskool nie, want dit is nie ons doel om leerders vir ‘n spesifieke aspek van die lewe voor te berei nie. Ons wil gebalanseerde leerders kweek en vir die lewe voorberei!
Langenhoven is ook ‘n skool waar gelukkige leerders in talle fasette puik presteer – ‘n skool klein genoeg om persoonlik te wees, maar groot genoeg om ‘n verskil te maak. Ons glo in ‘n sterk waardestelsel wat ons leerders lei en beskerm.

Daar is ‘n ou Chinese gesegde wat sê:
As jy ‘n belegging wil maak wat ‘n jaar duur, plant koring.
As jy ‘n belegging wil maak wat ‘n eeu duur, plant ‘n boom.
As jy ‘n belegging wil maak wat ewig duur, plant mense.
Dis wat Hoërskool Langenhoven doen, hy plant mense.

Henco Smith Skoolhof Langenhoven Riversdal
Scroll to Top