Skoolplan

Ons stel graag die nuwe platform aan julle bekend. Hoërskool Langenhoven wil graag alle oud-leerders se inligting versamel en op ‘n databasis plaas.
Dit is ‘n effektiewe manier om kontak met mekaar te bewerkstellig, nostalgies te kan raak en op hoogte te bly wat tans ons doen en late inhou.
Klik op die skakel hieronder om ‘n wagwoord te stel en begin aktief deelneem. Die platform kan gebruik word om reϋnies te reël, ou vriende weer op te spoor en betrokke te raak by die skool.
Ons wens is dat ons in ‘n oud-skolierebond sal ontwikkel wat steeds die waardes en eienskappe van Hoërskool Langenhoven sal uitleef en ook terugploeg in die gemeenskap.
Kontak gerus vir Estéa by 082 077 4430 of stuur ‘n epos na alumnet@langenhovenhs.co.za vir meer inligting.