Huis CJ Pauw

Huis CJ Pauw wil ‘n tweede tuiste vir leerders skep – ‘n plek waar hulle veilig is, geborge en gelukkig voel, pret kan hê en lewenslange vriende kan maak. Die superintendent, mnr. Abrie Cronje, staan aan die hoof van die koshuis. Hy kan op vyf ander personeel (almal personeel verbonde aan Hoërskool Langenhoven) staatmaak om beheer oor die leerders se dissipline, studie en algemene welstand uit te oefen. Me. Ilse Lambrechts is die matrone en is in beheer van logistieke reëlings. Me. Patsy van Wyk (assistent-matrone) is verbonde aan Feedem, die privaatmaatskappy wat sorg dat leerders heerlike en gebalanseerde voedsel kry om te eet.

 

Die koshuis is besig om uit sy nate te bars. Daar is tans 155 leerders in die koshuis – voorwaar ‘n bewys daarvan dat ons gelukkige leerders het wat graag hulle tuis in Huis CJ Pauwkoshuis kom maak! Daar is leerders vanoor die hele Suid-Kaap, nl. van Stilbaai, Heidelberg, Albertinia, Ladismith, Hartenbos, Mosselbaai, George en selfs verder wat hulle gedurende die week in Huis CJ Pauw kom vestig.

Vasgestelde studie-ure verseker dat die skoolwerk nie agterweë bly nie, maar daar is beslis nog tyd en plek vir pret en plesier. Dit is immers die koshuispret wat baie jare later onthou sal word.

 

Ouers wat vir hulle kinders plek vir die volgende jaar in Huis CJ Pauw wil bespreek, moet verseker dat hulle vroegtydig vir skool én koshuis aansoek doen.

Mnr. Abrie Cronje

Die Koshuisvader – Mnr Abrie Cronje

Sel: 082 852 5842

“Build a man a fire and he’ll be warm for a night.

Set a man on fire and he’ll be warm for the rest of his life”  Terry Prachett

Kontak Ons

Kontak ons

Stuur n navraag hier

Skool- en Koshuis aansoekvorm

Stuur voltooide aansoekvorm na admin@langenhovenhs.co.za

Scroll to Top